kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 30

| Breyton Paulse Daar was diegene wat gemeen het hy is te klein om internasionaal rugby te speel, maar Breyton Paulse het sy kritici stil gespeel. Hy gesels met Louis de Villiers oor sy loopbaan op die rugbyveld en nou voor die TV-kameras. T wee senior Springbokke het kopskud­dend oor die 20-jarige nuweling in die toerspan geskinder: “Hy wou nie sy inlywingsdop afsluk nie, en toe iemand aanbied om dit namens hom te doen, het hy ook dít geweier. ’n Suurgat. Maar hel, wat ’n speler …” Dit was einde 1996, en ’n bloedjong Breyton Paulse het die eerste keer saam met die Spring­ bokke getoer. Sy ouer span­maats – die hele kaboedel minstens twee jaar ouer as die Matie – het sy beginselvastheid vir suur­heid aan­ge­sien, maar hulle het ook dade­lik geweet hy is spesiaal. Breyton glimlag maklik en kom met die meeste mense goed oor die weg. Sonder dié eien­­­skappe sou hy immers nie nou al amper vyf jaar saam met sy oudspanmaat Toks van der Linde die gewilde Toks ’n Tjops op kykNET aangebied het nie. “Ek en Tokka en Janina (Oberholzer) het niks voorsien van wat sou kom nie, maar ons het gou aangevoel die publiek geniet dit. Maar hier gaan ons steeds aan met ’n program wat vir 2011 se Wêreldbekertoernooi bedoel was. “Die resep werk en dis baie eenvoudig: Doen min of meer wat jy by die huis sou doen saam met jou pêlle. Luister musiek, braai en praat lekker nonsens. G’n ego’s nie, alles bly eg en informeel.” Hy het ’n lang pad gekom sedert hy in 1995 as plaaswerkerskind uit die Koue-Bokke­veld met die hulp van Charles du Toit, sy ma se werkgewer, op Stellenbosch gaan stu­deer het. “Almal het drome, maar dat ek ’n Springbok en TV-aanbieder sou word, dáárvan het ek nooit 30 kykNET | UITGAWE 2 | 2016