kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 21

Koekedoor |
Elmarie Ward
Elmarie bedryf ’ n kantien vir Sasol in Sasolburg , en hier kan dinge lekker warm raak . Sy en almal in haar groot familie is passievolle diereredders , en wanneer die DBV geld in samel , bak sy plate en plate vol kolwyntjies .
“ My liefde vir bak het ek gekry omdat ek ’ n chroniese , ongeneesbare people pleaser is , en niks is lekkerder as om te sien hoe mense weglê aan iets wat ek gebak het . Dan is ek ook gek oor teksture en kleure en geur – om dit alles op een koekstaander bymekaar te laat kom is wonderlik .”
Elmarie het ongelukkig nie die eerste valbyl oorleef nie .
Tara Balie
Tara woon op George en spog met ’ n graad in sielkunde , maar bedryf tans haar eie bak- en spyseniersonderneming in die Tuinroete . Haar Guinness-sjokoladekoek is altyd ’ n treffer , en wanneer sy sagopoeding sien , dink sy terug aan haar geliefde ouma .
“ Ek bak om baie redes : Soms omdat ek lekker kan dink terwyl ek meng en klits ; ander kere sodat ek nie hóéf te dink nie ; soms net om te eksperimenteer en te kyk wat anderkant uitkom .”
Sy ’ s ook ’ n ywerige boekwurm en mal oor mense en hulle stories .
Suretha du Toit
Dié Pretorianer is medestigter van die bekende Koljander-tuisnywerheid in Melville , Johannesburg . Sy blink veral uit met patatkoek , kaasskons en dadelklapperkoekies – en enigiets waarvoor haar kleinkinders vra .
“ Toe my kinders klein was , was hulle altyd by wanneer ek gebak het , want ek beskou dit as opvoeding : Dis ’ n wetenskaplike eksperiment , hulle leer kommunikeer , hulle leer van die volgorde van stappe , en dit verbeter sommer ook hulle leesvermoë en verhoudinge – alles op ’ n lekker manier .”
Sy geniet laslap- en kwiltwerk asook lees en tuinmaak , maar kinderterapie is iets wat haar na aan die hart lê , en sy hou die afgelope paar jaar skool vir kinders met outisme .
21
Die deelnemers is van links Corli Botha , Wilandi Esterhuizen , Tara Balie , Martie Lamprecht , Kanya Hunt , Wessels van Vuuren , Suretha du Toit , Elmarie Ward , Anja Bands en Sanet Eigelaar .
2016 | UITGAWE 2 | kykNET