kykNET Mei 2017 | Page 20

# GetroudMetRugby wie is wie ?

# GetroudMetRugby wie is wie ?

‘ n Jaar of wat gelede het Getroud met Rugby se status van dramareeks na sepie verander . Indien jy dit gemis het , kan jy nou op kykNET & Kie die reeks van episode een volg .
Schalk Brand ( Johan Scholtz ) is die hoofafrigter van die Stryders . Hy is ’ n man met streng morele en familiewaardes .
Iva Muller ( Nadia Beukes ) is ’ n sportsielkundige . Sy is ’ n onafhanklike vrou en baie goed in haar beroep .
Fafa Beltrame ( Althus Theart ) is die hulpafrigter en ’ n voormalige rugbyspeler . Hy het twee eksvroue , Kiki en Iva .
Anja du Toit ( Elsje Slabbert ) is die au pair wat Fafa aanstel om Bella , sy en Kiki se dogtertjie , te versorg .
Koekie Koekemoer ( Rina Nie naber ) is Kiki se ma . Familie is vir haar belangrik , maar sy sal haar kinders indoen vir geld .
Festus Koekemoer ( Louis van Niekerk ) is Koekie se man en Kiki se pa . Hy is ’ n gomgat gebore en sal altyd een wees .
Gerald Richter ( David Clatworthy ) is die voormalige eienaar van die Stryders en ’ n onverskrokke sakeman .
Sasha Richter ( Anlia van Rensburg ) is Gerald se dogter , en het nog altyd alles gekry wat sy wil hê . Sy is agterbaks en ’ n bobaas-manipuleerder .
Laetitia du Preez ( Franci Swanepoel ) is ’ n ongenaakbare manipuleerder en ambisieus . Sy weet hoe om die mag te behou .
Blitz Vermeulen ( Werner Coetser ) is die nuwe windgat rugbyspeler by die Stryders , en ’ n haan onder die henne .
DIE BEKKERS
Chrizanda Bekker ( Melissa Willering ) is die jongste van die Bekker-sibbe en in graad 10 .
Reitz Bekker ( Sean van Noordwyk ) is ’ n professionele rugbyspeler en die goue seun van die gesin .
Nina Bekker ( Jocelyn Brode rick ) is Gideon se vrou en die Bekker-kinders se ma .
Gideon Paulus Bekker ( David Vlok ), ’ n rekenmeester , leef sy rugbydrome uit deur sy seun , Reitz , wat ’ n kontrak by die Stryders gekry het .
Thomas ‘ Tommie ’ Bekker ( Arno Greeff ) is die swartskaap van die Bekker-gesin en leef in Reitz se skaduwee .
Lorette Bekker ( Ilse-Lee van Niekerk ) is ’ n eerstejaarstudent in die regte by Tukkies .
Sy is slim en gefokus .
Maryke de Villiers ( Marijke van der Westhuizen ) is die leier van die Stryders se pom-pomspan . Sy weet wat sy wil hê .
Simon Greeff ( David Louw ) is ’ n professionele rugbyspeler op die kruin van sy loopbaan . Hy is met Renate getroud .
Renate Greeff ( Christel van den Bergh ) is Simon se vrou en ’ n regte feeks . Sy dring daarop aan dat alles na haar wense verloop .
Bibi Bhele ( Stephanie Baartman ) is die eienaar van ’ n haarsalon en ’ n groot skinderbek . Sy steek haar neus in almal se sake .
Denver Cloete ( Vaughn Lucas ) is nie die beste speler nie en onseker van homself . Hy sluit sy rugbyloopbaan by die Stryders af .
Jade Cloete ( Jolene Martin ) is slim en gedrewe en moes al ’ n paar bevorderings prysgee weens Denver se rugbydrome .
Vir nog inligting gaan na kyknet . dstv . com / program / getroud-met-rugby
Getroud met Rugby Maandag tot Vrydag om 18:30 op kykNET , kanaal 144
11
MEI 2017 | kykNET