Binnelanders
is beskikbaar op
Catch-up. Moenie
’n episode mis-
loop nie!
Ure se beplanning gaan in die maak
van elke episode van Binnelanders,
en elke speler, soos Reynhardt Hugo
hier, moet voorbereid wees wanneer
hulle op stel opdaag.
#binnelanders
Van buite af
‘BINNELANDERS’ TOE!
Wat verg dit om Binnelanders 52 weke per jaar, vyf dae per week, op die kassie te kry?
Gielie Hoffmann het ’n dag op stel deurgebring om met sy eie oë te sien.
D
6
is skuins ná agtuur op
’n Maandagoggend. Die
Goudstad se strate bars nie
uit hulle nate nie, want dis
’n vakansiedag. Maar by Stark Studios in
Randburg is daar al ’n geskarrel op die
stel van Binnelanders.
Ek is hier om rond te stap, waar te
neem, te kyk, vrae te vra. Elke aand sit
duisende kykers reg voor hulle televisie
skerm, en hier kry ek die kans om agter
die skerms in te loer van dié gewilde sepie.
“Skarrel” is dalk die verkeerde woord.
Dit is eerder ’n georkestreerde dans waar
elke lid van die geselskap moeiteloos hulle
rol vertolk. Voor die kameras. Agter die
kameras. Elke afdeling maak seker dat
daar weeksaande ’n episode reg is om die
volk te vermaak.
Dit sou maklik wees om weg te raak
in hierdie produksie as dit nie was vir
die familie-atmosfeer wat daar heers nie.
Oral sit mense en kuier. Groet mekaar
uitbundig. Ek gaan sit by Brümilda van
kykNET | JUNIE 2017
Rensburg, Je-Ani Swiegelaar en Germandt
Geldenhuys. Kykers ken hulle natuurlik
as Jana Koster, Naomi Ferreira en Louis
Koster. Saam met ons is Ernst Swart, Bin
nelanders se publisiteitsbestuurder.
Dadelik word ek as buitestander ’n Bin
nelander. Ek word getrakteer op gunste
lingflops, eerste dae op stel, ontmoetings
met grootwordhelde en oomblikke wat
nie altyd op skerm gewys word nie.
Germandt wat vir Karen Zoid ontmoet
en nadat sy haar voorgestel het, net kan
sê: “Dankie.” Je-Ani wat die swemmer
Natalie du Toit ontmoet – maar eers
nadat sy rondtrippel en dit byna vermy...
Dis verfrissend om te hoor bekendes
kry ook nog skoenlappers in die maag.
Ook hier is hulle puik storievertellers.
Die nodige handbewegings, dramatiese
pouses en verandering in stemhoogte.
Voltooi mekaar se sinne. Moedig mekaar
aan om méér te vertel.
En hulle lag. Uitbundig.
Binnelanders gaan egter nie oor rondsit
en giggel nie. Allermins. Ek ontmoet vir
Freddie Sauerman, die vloerbestuurder.
Hy gee aan die tegnici aanwysings en aan
die akteurs spelleiding. Vra nog ’n take en
sê wanneer die toneel korrek verfilm is. Sy
oog mis niks nie; sy ore nog minder. Die
regisseur en die res van die tegnici sit bo
in die boks en kommunikeer deurlopend
met Freddie.
Freddie is die verpersoonliking van die
span se kollektiewe toewyding: Die haar-,
grimering- en kunstedepartment se deeg
likheid om seker te maak ’n glas staan op
die regte plek, ’n kuif hang na die regte
kant toe en ’n wang, wel, lyk soos ’n wang
en niks anders nie. Die akteurs wat weet
hulle opdrag is eenvoudig: Wees betyds
en ken jou woorde.
EK GAAN SIT IN ’N HOEK en sien hoe
word ’n toneel met Kim Cloete (Bronwyn
Abrahams) en Lesley Fong (Tim Jantjes)
verfilm. Freddie herinner Lesley daaraan
dat sy regterarm eintlik nog seer is; Kim
se hare word gou reggekam ná ’n skoot;
Clint Brink (dr. Steve Abrahams) word
later gevra om sy liggaamsposisie aan te
pas, en Kisha Skei (Lexi Abrahams) moet
een sekonde vroeër die vertrek binnestap.
Niks word aan die toeval oorgelaat nie.
Kykers is slim en die kamera sien alles.
Daar is geen plek vir ego’s nie. As
elkeen sy kant bring, lyk almal goed. Daar
is bloot nie ruimte vir enigiemand om
herhaaldelik die bal te laat val nie. Nadia
Valvekens (Pippa Malherbe) daag twee
uur voor haar eerste toneel op. Sy voel
siek, maar sy’s daar. Nadia is van dag een
– en toneel een – af deel van die Binne
landers-span. Later skiet sy haar toneel.
Die kyker sal nie raaksien dat sy olik voel
nie. Professionaliteit gee jou ’n loopbaan
in hierdie bedryf.
As ’n akteur se storielyn op die voor
grond is, kan hy of sy maklik tien tone-
le per dag skiet. Dis báie teks. Baie voor
bereiding. Tonele word nie in chronolo
giese volgorde geskiet nie. Jy moet seker
maak jy weet waar die toneel in die epi-
sode inpas. Op ’n besige dag kan ’n karak-
ter tot ses keer van uitrustig verander.
Die spelers leer woorde. En vergeet dit
dan. Dit word in die korttermyngeheue
gebêre totdat dit nie meer van waarde is
nie. Van hulle kan ’n onbekende liedjie
twee keer deurluister en dan die lirieke
ken. “Soap fitness” is ’n broodnodige vaar-
digheid in dié bedryf.
Soms skiet ’n akteur net een toneel.
Of hulle het ’n paar uur af tussen tonele.
Dit word nie verniet die “hurry up and
wait”-bedryf genoem nie. Slimfone en
iPads hou hulle besig. Om die lang dae en
hoë verwagtinge te oorleef ontwikkel baie
van hulle gesonde gewoontes. Sonder dit
kan ’n sepie jou insluk.
Vanoggend het Freddie, Ernst, Je-Ani
en Germandt om 04:00 opgestaan sodat
hulle teen 05:00 saam kon gaan oefen by
Functional Training. Dit was Germandt se
tweede dag en hy sukkel nog; Je-Ani begin
wonder hoe sy dit deur die winter gaan
uitgawe van Digityd. Ernst het klaar aan
’n paar konsepte gewerk. Hulle oudkol-
lega Leandie du Randt leen ’n paar kle
dingstukke. Germandt deel ’n geheim oor
hoe om op jou beste te lyk. Je-Ani skep
asem; sy’s nie lief vir stilfoto’s nie.
Brümilda som dit mooi op. “Hierdie is
ensemble-werk. Dis gee en neem. Act and
re-act. Lekker vibes maak magic.”
Bo in die gange sit die vervaardiger, Elsje
Stark, en die redigeerders en kyk na die
vorige week se episodes. Dit moet afgete-
ken word. Hulle skiet tonele ses weke voor
‘Van die akteurs kan ’n onbekende liedjie
twee keer deurluister en dan die lirieke ken.
“Soap fitness” is ’n broodnodige vaardigheid
in dié bedryf.”
volhou; Freddie doen dit net en moedig
almal rondom hom aan.
Oor middagete gaan staan alles stil.
Almal kry kos op die stel. Hulle sit en
gesels. Skep asem. Gee aandag aan admi
nistrasie en kommunikasie. En lag. Je-Ani
se niggie verjaar. Sy vra van haar kollegas
om saam op ’n video vir haar geluk te
sing. Brümilda sing in drie tale, Afrikaans
en Engels uitgesluit. Wat ’n gawe verras
sing op jou 18de verjaardag...
Oral sien ’n mens span