#binnelanders
‘EK HOU VAN
wie ek is'
‘ J
ammer jy moes wag,” groet Je-Ani
Swiegelaar opgewek. “Ek is pas terug
van ’n intense oefensessie en daar is
nie ’n spier in my lyf wat nié môre
verdrietlik gaan voel nie.”
My oë dwaal na die horlosie. Sy is
’n kwartier vroeg vir die afspraak. “Ja,”
gaan sy voort, “stiptelikheid is vir my
’n gewigtige saak.”
Sy vryf in sirkels met albei haar hande
teen haar lyf – eers teen haar arms en dan
haar bene. “Dis alles is ’n poging om seker
te maak ek is teen môre nog mobiel,” ant-
woord sy met tergende oë, nog vóór die
vraag by my mond uitkom.
Ons kuier by Stark Studios in Rand-
burg. Donker onweerswolke hang onge-
woon vir ’n herfsdag dreigend oor die
Hoëveld. Binne die gebou is al die akteurs
opgeruimd en vrolik.
“Elke keer as ek by dié ateljee instap,
spoel ’n gevoel van dankbaarheid oor
my. Wanneer ek die deure oopswaai,
is dit asof ek herinner wo