#rubriek
My pa se present
M
y pa was ’n man met ge-
breke, maar ek was lief vir
hom. Al was hy stukkend,
het die krake wat hy in my
nagelaat het, ’n dieper tekstuur aan my
menswees gegee.
Hy was nie een vir konvensies nie.
Enige hoofstroomdenke oor vaderskap
het hy verwerp. ’n Metaforiese jurie sou
hom skuldig kon bevind omdat hy my
(en homself) by tye verwaarloos het, maar
ek sal in ’n hof opstaan en vir hom getuig.
Ek sal na die regter op sy hoë stoel
omdraai en hardop sê: “Edelagbare, met
die kwaliteit van sy liefde was daar nooit
aste nimmer iéts verkeerd nie.”
Daar sal ’n stilte in die oppersaal wees.
Die regter sal die waarheid in my oë sien.
Hy sal met sy hamer teen die lessenaar
klop. Dit sal weergalm. Hy sal sonder om
te skroom sê: “Jou pa is onskuldig, want hy
het jou ook die waarde van genade geleer.”
So ’n uitspraak sal mooi en goed wees,
want in my kosbare tye met hierdie man
het die meetsnoere vir my in lieflike
plekke geval. Soos Die Bybel sê: My erfe-
nis is vir my mooi.
34
SAM KORCK WAS ’N MAN met
’n liefde vir vinnige motors, mooi en
kykNET | JUNIE 2017
Deur Herman Lategan
moeilike vroue, en sterk whisky – altyd
skoon, met twee blokkies ys.
Hy en my ma, Maria Lategan, was
nie getroud nie. In die jare sestig was
dít in konserwatiewe Suid-Afrika waag-
moedig. Hulle het ’n vet middelvinger
na die establishment uitgehou, want dis
hoe hulle was.
Hulle verhouding was ver verby die
grense van kompleks. Dit was morsig,
maar passievol, soos die lewe.
Hy het Gunston Toasted (sonder filter)
gerook. Sy uniform was jeans, ’n leerbaad-
jie, sy swart hare in ’n paadjie gekam met
Brylcreem. Hy was lief vir uiteet, en dan
het hy ’n pak gedra. Ek moes ook.
The Shadows se “Apache” met die
verlate cowboy-kitaarklanke was die
agtergrondmusiek van sy lewe. Midnight
Cowboy was sy fliek, want eintlik was hy
ook een. Hy was eenkant en geknak, dit
kon jy agterkom as hy te veel gedrink het.
Hy en my ma het ’n woordewisseling
gehad. Sy was opvlieënd – met goeie
rede, by nabetragting. Die voordeur is
toegeslaan. My pa is in ’n blou Anglia
Super weg. Ek onthou nog hoe die bande
geskree het. Toe is hy skoonveld. Ons dae
het jare geword.
My ma het vir my ’n verjaardagpartytjie
gereël in ’n vriendin se motorhuis. Daar
was koek, ballonne en hansworshoedjies
op ons koppe. Net toe sy die paar kersies
wou aansteek, hoor ons ’n motor.
My pa het uit ’n rooi Ford Capri
geklim, met ’n Aviator-donkerbril. Soos
’n cowboy, ja, het hy na my toe aangestap.
Ek het na hom toe gehardloop en aan sy
been geklou, want ek was klein.
Hy was daardie dag my verjaardag
geskenk. Sy eksentrieke gedrag en
aweregse blik op die lewe sou vir my
daarna ’n lewenslange present wees.
Later het alkoholisme hom vernietig.
Voor dit het hy my leer visvang, bestuur,
vloek, altyd geld vir die armes gee en op
Zorba the Greek se musiek te dans. Ek
onthou nou nog die stampkarre by die
Goodwood-skouterrein, die reuk van hot
dogs en spookasem.
Toe die tyding van sy vroeë dood op
47 kom, het ek eensaam in warm water
gaan lê en in my eie trane gebad.
Bo links Die verjaardag waar Herman se pa hom
kom verras het.Bo regs By sy pa, Sam, en stiefma,
Linda, by die Ritz Plaza-hotel in Seepunt, Kaapstad.