kykNET Desember 2017 | Page 8

#Fiëstas2018 Hier’s al die benoemdes! Elke jaar vereer die kykNET Fiëstas die beste van die bestes wat by die Afrikaanse kunstefeeste te sien was. Vanjaar het weer gesorg vir ’n ryke oes. Beste akteur • Paul du Toit – Melk & Vleis • De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap • Albert Pretorius – Wild • Wessel Pretorius – Klara Maas se Hart is Gebreek, Ensomeer: Die Vloeistof Trilogie #DieRielVanHipHop Awe! Dans is in ons are! Die produksie Die Riel van Hip Hop het die gehoor by vanjaar se Suidoosterfees in die Kaap op hulle voete gehad. Die goeie nuus is dat die produksie opgeneem is en nou op kykNET vir die wêreld gewys gaan word. D 8 it was Karen Meiring, hoof van kykNET, wat die saad­ jie geplant het, en Shihaam Domingo, die vervaardiger, wat die boompie laat groei het – só kan ’n mens die geboorte van dié besonderse produksie beskryf. “Die Riel van Hip Hop is ’n viering van diversiteit deur musiek, dans en woorde,” sê Shihaam. “Dit was ’n organiese proses om al die rolspelers bymekaar te kry. Ek het geluister hoe hulle hart klop, en met party van hulle het ek gelukkig al saam­ gewerk. Ek het die leiers van die bedryf gesoek, mense wat dié storie kon oordra. Een van dié mense was DJ Ready D. “Hy was lid van Brasse Vannie Kaap, die heel eerste hip-hopgroep wat in Afrikaans opgeneem het, en daarom vir my een van die grotes.” Die wenners van die ATKV se Riel­ dans­kompetisie in 2016, Die Betjies van Betjiesfontein, was ook deel van die pro­ duksie. “Hulle was ongelooflik om mee saam te werk,” sê Shihaam. Ander mense wat betrokke was, sluit in Camillo Lombard, Frazer Barry, Emily YX, Des Lee McKenzie, Zenobia Kloppers en die digter dr. Willa Boezak. Daar was ’n hele paar uitdagings om die program saam te stel. “Ons moes aan die einde seker ’n derde van die musiek sny omdat dit te lank was. Die samestelling moes ook van so ’n aard wees dat dit die diversiteit en verskeidenheid van Suid- Afrika wys, maar sonder dat dit soos ’n ver­skeidenheidskonsert lyk,” sê Shi­ haam. “En dan was die tyd wat ons gehad het om dit bymekaar te sit ook skraps, maar almal het hulle deel gedoen om dit te laat uitwerk.” Sy hoop Die Riel van Hip Hop sal mense laat sien ons kan ondanks ons verskille bymekaar uitkom en saamwerk. “Ons boodskap is dieselfde, ons hartklop iden­ ties. Ek hoop hierdie produksie wys vir mense hoe hierdie mooi taal ons byme­ kaar bring. Dit gaan oor die viering van ons andersheid, maar ook hoe ons almal eintlik dieselfde is.” DIE SPAN Regie Elton Landrews en Lauren Hannie Musiekregie Camillo Lombard, Frazer Barry en DJ Ready D Kunstenaars Emily YX, Jerome Rex, Hakkiesdraad Hartman, V.I.T.O., dr. Willa Boezak, Deniel Barry, Zenobia Kloppers, Des-Lee McKenzie Hip-hopdansers Melissa de Vries, Kelly Ernstzen, Drew Deezy Reid, Charlton Taylor Die Betjies van Betjiesfontein Garcia Oliphant, Anisha Kotze, Lee-Ann van Wyk, Martina van Schalkwyk, Charlene October, Shaida Cedras, Nikita Barneys, Karabo Matiwees, Devan van Rooy, Bradwin Tieties, Marcelino October, Tyrone Claaste, Tshehohatso Matsione, Clayton Koopman, Maustvan van Rooy Die Top Dog-band Donveno Prins (saxofoon), Charlton Daniel (baskitaar), Mornay Hoffmeester (tromme) Animasie Last Born Pictures in samewerking met Skyeteesha Animation House Graffiti-kunstenaar Mak1one Die Riel van Hip Hop Sondag 17 Desember om 20:00 op kykNET & Kie, kanaal 145 kykNET | DESEMBER 2017-JANUARIE 2018 Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks Beste duo of ensemble Beste opkomende kunstenaar Beste vertaling of verwerking van ’n bestaande werk • Marina Albertyn – Melk & Vleis • Tertius Kapp – Liewer • Wessel Pretorius - Klara Maas se Hart is Gebreek, Ensomeer: Die Vloeistof Trilogie • Nico Scheepers – Nêrens, Noord-Kaap Beste aktrise • Antoinette Kellerman – Asem • Illse Roos – Melk & Vleis • Anna-Mart van der Merwe – Liewer • Tinarie van Wyk Loots – Wild • Marina Albertyn – Teks vir Melk & Vleis • Des-Lee McKenzie – I(ras)sioneel • Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats • Dewald van der Merwe – Rou (Deurnis) Beste manlike byspeler Beste prestasie in klassieke musiek • Kopano Marago – Buite Land • Edwin van der Walt – Asem • Wilhelm van der Walt – Liewer • David Viviers – Klara Maas se Hart is Gebreek, Ensomeer: Die Vloeistof Trilogie Beste vroulike byspeler • Elize Cawood – Buite Land • Nicole Holm – Piekniek by Mpande (née Dingaan) • Crystal-Donna Roberts – Altaar • Tarryn Wyngaard – Liewer Beste regie • Marthinus Basson – Melk & Vleis • Jaco Bouwer – Liewer • Lara Bye – Die Reuk van Appels • Neil Coppen – Buite Land Beste teaterontwerp • Marthinus Basson – Die Koninkryk van die Diere (stel en kostuums) • Jaco Bouwer – Liewer (stel) • Neil Coppen en Vaughn Sadie – Buite Land (stel) • Philip Rademeyer – Weerkaarts (stel en beligting) Beste spel in ’n solovertoning • Gideon Lombard – Die Reuk van Appels • Dawid Minnaar – Monsieur Ibrahim en die Blomme van die Koran • Milan Murray – Weerkaats • De Klerk Oelofse – Strooijonker • US Camerata – Moments in a Life • José Dias en Janelle Visagie – Pioniers • Bongani Khubeka – Stemme vir Môre • Antoinette Olivier, Conroy Cupido en Santisa Viljoen – RSG Dis Opera Beste prestasie in visuele kuns • Sandra Hanekom – Bosch in Afrika • Marieke Kruger – Carceral Spaces • Athi-Patra Ruga – A Young Retrospective • Henk Serfontein – Winterslaap Beste musiekgedrewe produksie – buitelug • Ballades • Innibos Jacaranda FM Konsert •  Judith Sephuma • Rymklets van Oos tot Wes Beste musiekgedrewe produksie: Podium • Stef Bos – Bos Innibos • Hilandi du Toit en June van Merch – Gedig my Snaar • Loki Rothman en Albert Frost – Die Akoestiese Kitaar • Amanda Strydom – So Onner deur die Maan Beste musiekgedrewe produksie: Teater •  Legendary Divas: Vicky Sampson, Amanda Strydom en Gloria Bosman •  Piekniek by Mpande (née Dingaan) • Die Riel van Hip-hop • Zolani Mahola: Rok en Rol •  Klara Maas se Hart is Gebreek, Ensomeer: Die Vloeistof Trilogie • Liewer • Mike & Mavis •  Nêrens, Noord-Kaap •  Buite Land – Oorspronklike teks: Neil Coppen, vertaling Amy Jephta •  Die Fliek – Vertaling en verwerking Nico Scheepers •  Die Koninkryk van die Diere – Vertaling Marthinus Basson •  Die Reuk van Appels – Verwerking van Mark Behr se roman Johann Smith Beste aanbieding • Buite Land • Liewer • Melk & Vleis • Die Reuk van Appels Bogenoemde produksies en uitstallings was op die volgende feeste te sien: Aard- klop, Innibos, KKNK, Suidoosterfees, US Woordfees en Vrystaat-kunstefees. KOM KYK WIE WEN! Vanjaar kan die publiek vir die eerste keer kaartjies vir die toekenningsgeleentheid by Monte­casino in Johannesburg koop – dis van 4 Desember af by Computicket beskikbaar. Van dieselfde datum af kan jy ook jóú stem dik maak deur by www.kykNET.tv te gaan stem vir jou gunste­lingfees. DESEMBER 2017-JANUARIE 2018 | kykNET 9