#KryDaaiLyf
Linda wys weer hoe
L
Het jy planne om in die nuwe jaar ’n nuwe lyf te kry? Dan is
Linda Kriel se nuwe fiksheidsprogram, Kry Daai Lyf, net vir jou.
inda Kriel, wat sinoniem geword
het met oefenprogramme op
Suid-Afrikaanse televisie, is van
1 Januarie af terug met ’n tweede
reeks van Kry Daai Lyf wat op fiksheid en
gewigverlies fokus. Die program is in die
mooiste Kaap opgeneem, op enige plek
van spogstrande tot wynplase. Daar is ook
elke week ’n bekende persoonlikheid wat
kom saam oefen en meer oor hulle eet- en
oefenprogram vertel.
Linda, wat doen jy om nié oor die
vakansietyd gewig aan te sit nie?
Omdat ’n mens meer eet en drink in
vakansietye, doen ek die volgende:
• HIDREER Ek sorg dat ek elke dag 1,5 ℓ
detokswater – water gemeng met skywe
komkommer, mentblare, suurlemoen
skywe en vars gemmer – drink. Ek hou
dit in die yskas.
• OEFENING Ek oefen my nie dood in die
vakansie nie, maar sorg dat ek baie stap
as ek nie by ’n formele oefensessie uitkom
nie. Ek hou van “informele” oefening soos
vlugbal of frisbee op die strand, óf ek gaan
klim ’n berg uit en hou piekniek bo, óf ek
ry fiets saam met vriende.
• EET Ek voel gou sleg wanneer ek vir dae
aaneen ongesond eet. Daarom sorg ek dat
ek in die Feestyd steeds gesonder opsies
kies. Ek voel net soveel beter as ek gesond
eet – en geniet dan my vakansie meer.
Wat is goeie oefening om te doen
wanneer jy met vakansie is?
Jy het nie duur toerusting nodig nie. Volg
hierdie wenke:
• Om jou bo-arms op te knap kan jy jou
handdoek gebruik. Staan gemaklik en hou
’n handdoek agter jou rug vas met jou reg
terhand net bo jou kop en jou linkerhand
min of meer waar jou sitvlak begin. Albei
arms is gebuig en die elmboë wys na buite.
Trek nou met jou regterarm boontoe
totdat hy reguit is. Gebruik die handdoek
en jou linkerarm as weerstand deur effens
aan die handdoek te rem. Doen nou die
teenoorgstelde. Strek jou linkerarm reguit
na onder en buig jou regterarm. Probeer
drie stelle van vyftien doen en ruil dan
arms om.
• Oefen terwyl jy met jou kinders speel.
Hierdie is goed vir boude en bobene:
Laat jou kind op ’n matjie lê en sleep
hom deur die huis terwyl jy agteruit
loop met jou bene amper 90 º gebuig.
Gebruik iets swaars soos bakstene as jy
nie kinders het nie.
• As jy nie gewigte het nie, gebruik blik
kieskos of waterbottels as weerstand wan
neer jy oefeninge doen.
• As jy ’n trappie naby het, kan jy baie
Volg Linda
en Kry Jou Lyf
op Facebook:
facebook.com/
KRYDAAILYF/
oefeninge daarop
doen. Stap of draf vir
een minuut op en af van
die trappie om jou harttempo te laat styg.
Doen dan vir ’n minuut armoefeninge
met blikkieskos en direk daarna ’n oefe
ning vir jou bobene deur op die trappie
te staan en dan met die linkerbeen agter
toe te hurk. Kom op en hurk dan agter-
toe met die regterbeen. Doen dit vir een
minuut. Herhaal al drie die oefeninge
drie keer.
• Doen ’n kort HIT (hoëintensiteit-
intervalprogram). ’n Mens verbrand tot
40% meer vet. Dis ’n kort maar inten
siewe sessie, soos om vir 30 sekondes te
stap, afgewissel met voluit hardloop vir
30 sekondes. As jy ’n beginner is, doen jy
dit vir vyf minute, maar moenie hardloop
nie; stap net baie vinnig in die vinnige
interval. Op die middelvlak doen jy dit
vir 12 minute en vir die gevorderde vlak
vir 24 minute.
Wat is jou skelm plesiertjie – daardie
één eetding waarvoor jy nie nee kan sê
nie – en is daar ’n gesonder alternatief?
My swak is Lays-tjips. As ek ’n pak daar
van het, eet ek dit baie vinnig op, selfs al is
ek nie honger nie. Daarom hou ek dit nie
in my huis aan nie en