kykNET Desember 2017 | Page 24

#speletjies LAG-LAG LANGPAD TOE Die vakansie is om die draai en vir baie gesinne wag die langpad iewers heen. Hoe hou ’n mens die jongspan – én grootmense – besig? So oud soos die berge, maar dit werk elke keer. Een mens sien iets en sê met watter letter dit begin. Die res raai, en die een wat reg is, kry die volgende beurt. Nommerplaatwiskunde Tel die syfers op ’n nommerplaat byme­ kaar – die eerste een wat die som regkry, kry ’n punt. 24 Die woelwaters kan nogal besig raak. Toe hulle jonger was, het ons in die nag gery, of so vroeg as moontlik in die oggend, sodat hulle lekker kan slaap. Soos hulle ouer geraak het – en ons ’n bietjie luier – het ons wonderbaarlike stropies gebruik wat hulle rustiger maak. Nodeloos om te sê ken ons al die kinderliedjies uit ons kop uit – van Barney tot Heidi. Die moderne tegnologie maak dinge ook makliker. Die dag toe ons ons Kombi aanskaf, het ons skerms laat installeer sodat die kinders DVD kan kyk, veral Afrikaanse flieks uit my kinderjare. Twee of drie flieks (dalk vier) en ons is by ons bestemming. – Pieter Koen kykNET | DESEMBER 2017-JANUARIE 2018 Karre tel (Karkrieket) Hier kan fabrikate of kleure getel word – of, vir die petrolkoppe in die kar, selfs modelle. Gewone karre tel een punt, bak­ kies vier en minibussies ses. En dan kies julle ’n kar wat jou uithaal – in die ou dae was dit ’n Volla. Eers was dit ’n bekroonde kortfilm, en nou is Vuil Wasgoed ’n vollengte fliek – een met skreeusnaakse gevolge. Langpad- afmerkkaart Maak voor die reis ’n kaart met prentjies in blokkies van alles wat moontlik langs die pad gesien kan word – koeie, kragpale, telefoonhokkies – die moontlikhede is eindeloos. Gee vir elke kind ’n kaart en pen en laat hulle afmerk wat hulle sien. Fliek toe Een mens begin met die naam van ’n akteur of aktrise, die volgende een moet dan ’n fliek noem waarin hulle gespeel het, die een daarna moet dan nog ’n akteur of aktrise noem, en dan is dit weer ’n fliek wat genoem moet word. 20 vrae Een mens in die kar dink aan iets en die ander kry 20 vrae om uit te vind wat dit is – en net vrae wat met ’n “nee” of “ja” beantwoord kan word. Storie met ’n stertjie Een mens begin ’n storie vertel en die an­ der in die kar kry dan elkeen ’n beurt om die storie verder te vertel. Alfabetslang Iemand begin met ’n woord wat met A begin, die tweede met B, en so aan. Maak dit moeiliker en doen dit in kategorieë soos flieks, boeke, name ensomeer. Van kortfliek tot lang lagfees Bennie Fourie en Bouwer Bosch W im en Kevin is twee dood­ gewone ouens wat in ’n doodgewone woon­ buurt ’n wassery bedryf. Bedags is hulle lewe eenvoudig, selfs saai, maar saans begin die opwinding wanneer hulle van hulle kliënte se klere “leen” en daarin gaan partytjie hou. Aan die ander kant van die stad loop ’n transaksie skeef en die juwelesmokke­ laar Charles Gotty is sy een vinger en ’n houer vol diamante kwyt. Sy twee seuns, Joe en Manny, moet die saak oplos en hulle paadjies kruis dan met dié van Wim en Kevin. Die draaiboek is deur Bennie Fourie geskryf en die regisseur is Morné du Toit. WENNERS! Vuil Wasgoed het by vanjaar se Silwerskermfees met ’n hele rits benoemings en toekennings weggestap. BENOEMINGS Ons speel breinspeletjies. Die eerste een kry kans om een woord te sê. Die volgende ou sê dan die vorige woord, plus sy eie. Die derde een sê die vorige twee woorde plus sy eie een, en so gaan ons aan. Ons rekord is 54 woor- de! Al hoekom ons opgehou het, is omdat my dogter, Lua, verveeld geraak het. – Milan Murray Beste manlike byspeler Stiaan Smith Beste draaiboek Bennie Fourie Beste speelfilm TOEKENNINGS Beste regisseur Morné du Toit Beste akteur Bennie Fourie Beste redigering Quinn Lubbe Beste produksiesontwerp Merishe n Wessels Beste klankontwerp en oorspronklike musiek Janno Muller en Benjamin Willem Bennie aan die woord... Waar het die idee vandaan gekom? Ek en Bouwer (Bosch) wou ’n kortfilm inskryf vir die Silwerskermfees in 2014 en wou graag ’n buddy comedy doen omdat dit ’n genre is waarvan ons hou. ’n Wassery het nog altyd vir my ’n unieke persoonlikheid gehad en ons besluit toe die karakters gaan daar werk en natuur­ lik diep in die moeilikheid beland. Ons het toe die idee gekry dat hulle mense se klere sou leen en die afgekapte vinger in ’n baadjie vind. Kyk die lokprent hier: youtube.com/ watch?v=Dpw EbsmSV6E Wat was die grootste uitdaging om ’n speelfilm te maak van ’n kortfilm? Om te besluit watter fasette van die kortfilm jy behou en wat jy laat gaan. Ek wou nie net die kortfilm uitrek nie. Ek het toe besluit om die kern te behou en die storie verder te ontwikkel. Daar is ook meer karakters wat lekker was om mee te speel. Waar is die fliek geskiet? Hoofsaaklik in en om Johannesburg en Krugersdorp. In die nag. Enige staaltjies oor wat agter die skerms gebeur het? Ons het regtig net altyd probeer om mekaar te laat lag. Ek dink ’n mens kan op die skerm sien ons het regtig ’n lekker tyd gehad. Wie sal Vuil Wasgoed geniet? Aanvanklik het ek gedink jong mense en jong werkendes. En dan gaan hulle huis toe en oortuig die res van die familie om dit ook te gaan kyk. Ek sien met my kleine, kleine ogie... (of Aspaai) Ons sing liedjies van Disney-flieks soos Annie en The Lion King. James is mal oor musiek. Of ons hou ons oë oop vir watertorings en tel hulle. – Rozanne McKenzie #VuilWasgoed Bennie Fourie Kevin Bouwer Bosch Wim Nico Panagio Manny Tim Theron Tom Stiaan Smith Jackie Louis Minnaar Gotty Leandie du Randt Alecia Simoné Nortmann Niki James Cunningham Mol Charlie Bouguenon Joe Vuil Wasgoed open op 8 Desember in teaters landwyd DESEMBER 2017-JANUARIE 2018 | kykNET 25