kykNET Desember 2017 | Page 2

i nhoud DESEMBER 2017-JANUARIE 2018 4 | Hartstog Carel Nel gesels oor daardie geskiedkundige oomblik 50 jaar gelede én oor sy rol as prof. Chris Barnard 6 | Knapsekêrels Ná sy debuut op 22 in ’n Paul C. Venter- reeks voltooi Terence Bridgett die sirkel. Ure se kykgenot wag dié vakansie! D ié tyd van die jaar is ’n opwin­den­de tyd, want dis amper vakansie – tyd vir familie en goeie vriende en lek­ ker rus. Maar dis ook ’n tyd waarin ons oor die afgelope jaar besin en fokus om in die volgende jaar beter te wees en beter te lewe. Op 3 Desember is dit die vyftigste her­ denking van die eerste hartoorplanting, sekerlik een van die grootste prestasies nóg deur ’n Suid-Afrikaner. Ter viering hiervan het kykNET ons eerste televisie­ film, Hartstog, vervaardig. Skakel gerus om 20:00 vanaand, op die herdenking van dié ge­skiedkundige dag, in om die gedrama­ tiseerde weergawe van hierdie merkwaar­ dige ge­beurtenis te beleef. Die kykNET-inhoud-en-skeduleringspan was die afgelope jaar baie bedrywig om te sorg dat ons van die beste vermaak in Desember kan uitsaai. Hou die televisie­ skedules mooi dop vir al die spesiale uit­ sendings oor die feestyd. Ons vier Afrikaans deur al haar spelers, met programme en dokkies soos Amira, Die Riel van Hip-hop, Classics is Groot, Die Rockets, Afrikaans is Groot 2016 en Super Skouspel. Die kykNET-span het onlangs by ons jaarlikse konferensie groot gedroom vir die toekoms en ons het heelwat planne om die beste en lekkerste Afrikaanse programme nóg te maak. Dit bly ’n groot voorreg om in Afrikaans te skep en ons eie stories te vertel. Dankie vir die volgehoue ondersteuning. Ons wens vir almal ’n veilige terugkoms toe ná die vakansie, want in 2018 maak ons weer so. Ons groet tot in Februarie 2018, en onthou: Pas die skedules vir Desember en Januarie mooi op! Karen en die kykNET-span Uitgewer: In Context Redakteur Ilza Roggeband Besturende redakteur Peter van Noord Vir kykNET Direkteur: kykNET-kanale, M-Net Karen Meiring Hoof van bemarking en publisiteit: kykNET-kanale Angerie van Wyk Skakel- en mediabestuurder Suzaan Keyter kyknet.co.za kykNETtv Teksredigering Peter van Noord en Johan van Zyl Medewerkers Bibi Slippers, Marion Holm, Gerda Engelbrecht en Erns Grundling Foto’s verskaf deur kykNET (tensy anders vermeld) Kontak kykNET 011 686 6000 [email protected] @kykNETtv Kunshoof Monique Mouissie 8 | Die Riel van Hip Hop Eers ’n Suidoosterfeestreffer, nou vir die hele wêreld op kykNET 9 | Fiëstas Die geheim is uit: Hier is die volledige lys met vanjaar se benoemdes 10 | Op Rekord Hier’s die beste aanhalings uit die afgelope jaar se aktualiteitsprogramme 12 | TV-skedules Al drie die kykNET-kanale se programme vir Desember 2017 én Januarie 2018 21 | Hoogtepunte in Januarie ’n Hele klomp nuwe programme is te sien, en heelwat bekendes keer terug 22 | FliekNET Ons opwipkanaal is terug, en dié vakansie gaan een laaang fliekfees wees 24 | Sit-sit so Maak die langpad korter met dié rits prettige speletjies vir die langpad 25 | Vuil Wasgoed Eers was dit ’n Silwerskermfeeswenner; nou is dit ’n heerlike vollengte fliek 27 | Kry Daai Lyf Linda Kriel is terug – kom skud saam daai vakansievetjies af 28 | Hadida Vat die ouens vas wat sonder die poefsakkie gaan stappies, a nee a! 28 | Wie is ek? Drie akteurs wys hulle kinder-Kersfoto’s 29 | Blokraai Vind die versteekte woord en wen! 30 | Rubriek kykNETtv Stap jou kop skoon, sê Erns Grundling DESEMBER 2017-JANUARIE 2018 | kykNET 3