kykNET Desember 2017 | Page 14

# DieRielVanHipHop Awe ! Dans is in ons are !

# DieRielVanHipHop Awe ! Dans is in ons are !

Die produksie Die Riel van Hip Hop het die gehoor by vanjaar se Suidoosterfees in die Kaap op hulle voete gehad . Die goeie nuus is dat die produksie opgeneem is en nou op kykNET vir die wêreld gewys gaan word .
8

Dit was Karen Meiring , hoof van kykNET , wat die saadjie geplant het , en Shihaam Domingo , die vervaardiger , wat die boompie laat groei het – só kan ’ n mens die geboorte van dié besonderse produksie beskryf .

“ Die Riel van Hip Hop is ’ n viering van diversiteit deur musiek , dans en woorde ,” sê Shihaam . “ Dit was ’ n organiese proses om al die rolspelers bymekaar te kry . Ek het geluister hoe hulle hart klop , en met party van hulle het ek gelukkig al saamgewerk . Ek het die leiers van die bedryf gesoek , mense wat dié storie kon oordra . Een van dié mense was DJ Ready D . “ Hy was lid van Brasse Vannie Kaap , die heel eerste hip-hopgroep wat in Afrikaans opgeneem het , en daarom vir my een van die grotes .”
Die wenners van die ATKV se Rieldans kompetisie in 2016 , Die Betjies van Betjiesfontein , was ook deel van die produksie . “ Hulle was ongelooflik om mee saam te werk ,” sê Shihaam .
Ander mense wat betrokke was , sluit in Camillo Lombard , Frazer Barry , Emily YX , Des Lee McKenzie , Zenobia Kloppers en die digter dr . Willa Boezak .
Daar was ’ n hele paar uitdagings om die program saam te stel . “ Ons moes aan die einde seker ’ n derde van die musiek sny omdat dit te lank was . Die samestelling moes ook van so ’ n aard wees dat dit die diversiteit en verskeidenheid van Suid- Afrika wys , maar sonder dat dit soos ’ n ver skeidenheidskonsert lyk ,” sê Shihaam . “ En dan was die tyd wat ons gehad het om dit bymekaar te sit ook skraps , maar almal het hulle deel gedoen om dit te laat uitwerk .”
Sy hoop Die Riel van Hip Hop sal mense laat sien ons kan ondanks ons verskille bymekaar uitkom en saamwerk . “ Ons boodskap is dieselfde , ons hartklop identies . Ek hoop hierdie produksie wys vir mense hoe hierdie mooi taal ons bymekaar bring . Dit gaan oor die viering van ons andersheid , maar ook hoe ons almal eintlik dieselfde is .”
DIE SPAN
Regie Elton Landrews en Lauren Hannie Musiekregie Camillo Lombard , Frazer Barry en DJ Ready D Kunstenaars Emily YX , Jerome Rex , Hakkiesdraad Hartman , V . I . T . O ., dr . Willa Boezak , Deniel Barry , Zenobia Kloppers , Des-Lee McKenzie Hip-hopdansers Melissa de Vries , Kelly Ernstzen , Drew Deezy Reid , Charlton Taylor Die Betjies van Betjiesfontein Garcia Oliphant , Anisha Kotze , Lee-Ann van Wyk , Martina van Schalkwyk , Charlene October , Shaida Cedras , Nikita Barneys , Karabo Matiwees , Devan van Rooy , Bradwin Tieties , Marcelino October , Tyrone Claaste , Tshehohatso Matsione , Clayton Koopman , Maustvan van Rooy Die Top Dog-band Donveno Prins ( saxofoon ), Charlton Daniel ( baskitaar ), Mornay Hoffmeester ( tromme ) Animasie Last Born Pictures in samewerking met Skyeteesha Animation House Graffiti-kunstenaar Mak1one
Die Riel van Hip Hop Sondag 17 Desember om 20:00 op kykNET & Kie , kanaal 145
kykNET | DESEMBER 2017-JANUARIE 2018