kykNET Desember 2017 | Page 10

#aktualiteit OP REKORD Die opspraakwekkendste opmerkings die afgelope jaar op kykNET se aktualiteitsprogramme: KN Verslag, Prontuit, Winslyn, KN Verslag In Gesprek en Flits. ‘Die oomblik wat daai vlag begin wapper, gee dit ongelooflik baie skietgoed vir enigiemand wat die hele aksie wil diskrediteer.’ – Inge Kühne, adjunkredakteur van Rapport, oor die Swart Maandag-protesoptrede. 7 November, KN Verslag ‘Baie van die uitdagings wat frustrasies by daai tipe onderwysers veroor- saak, gaan nie met lyfstraf opgelos word nie.’ – Liezel de Lange, besturende redakteur van Rapport, oor voorvalle waar onderwysers kinders aanrand. 12 September, KN Verslag ‘JACOB ZUMA IS EENVOUDIG ’N SIMPTOOM VAN DIE BREËR ANC.’ – Mmusi Maimane, DA-leier. 26 April, KN Verslag in Gesprek ‘Ons kan nie toelaat dat ons ‘n volle gangster- staat raak nie, en ons is op die rand daarvan.’ – Jacques Pauw, joernalis en skrywer van The President’s Keepers. 1 November, KN Verslag in Gesprek ‘Mense luister met hulle ore, maar hulle voel met hulle hart.’ – Craig Lucas, wenner van The Voice, oor waarom sy musiek by mense aanklank vind. 13 Julie, Flits 10 ‘ 900 miljoen mense gaan in die volgende dekade stede toe verhuis. Ons móét dit in ag neem wanneer ons projekte vir die toekoms aanpak.’ – Rashiq Fataar, hoof van Our Future Cities, oor die infrastruktuur in Afrika en die toekoms. 22 Augustus, Winslyn ‘Buiten die MIV-vigs-fiasko is hierdie die grootste mediese mistasting sedert die val van apartheid.’ – Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid, oor die dood van 93 mense (in daardie stadium) in die Life Esidimeni-skandaal. 8 Februarie, KN Verslag in Gesprek ‘Ek dink as dinge ekonomies moeilik raak, in enige konteks in enige land, dan begin die goed wat ’n bietjie dieper gebêre lê, krap – en ons begin wonder daaroor.’ – Dr. Leslie van Rooi van die Universiteit van Stellenbosch oor voorvalle van rassespanning. 3 Augustus, KN Verslag ‘My Suid-Afrika hét geleenthede.’ – Elmarie Goosen, wat ná 17 jaar in Engeland teruggekeer het na Suid-Afrika. 7 Augustus, Prontuit Prontuit Maandae om 22:00 Winslyn Dinsdae om 22:00 In Gesprek Woensdae om 21:30 Flits Donderdae om 22:00 en kykNET Verslag Maandae, Woensdae en Donderdae om 21:30 op kykNET, kanaal 144 kykNET | DESEMBER 2017-JANUARIE 2018 11 DESEMBER 2017-JANUARIE 2018 | kykNET