#DieBoekklub
UIT DIE BOEKE!
Hulle kan met reg Suid-Afrikaanse toneeladel genoem word:
Jana Cilliers en Antoinette Kellerman. En albei is te sien in die nuwe reeks
van Die Boekklub. Ons vra hulle uit oor boek- en ander sake.
FOTO’S NARDUS ENGELBRECHT
Jana Cilliers
Anna Uys is ’n heer
like karakter om te
speel, sê Jana Cil
liers. “Sy is reguit en
sonder frills. Sy sê
goed wat ’n mens net
kan droom om te sê.
As bossiedokter en
siener kom sy oor as
aweregs en in haar eie wêreld gekeer. Tog
het sy ’n opregte goedgesindheid teenoor
ander. Sy’s beslis ’n vrou met karakter en
skrik nie vir kabouters nie. In die tweede
reeks wag daar wel ’n nuwe uitdagi