#woema
Wilmarie is
vol woema!
Die dae toe net mans oor
vinnige rygoed kon praat, is
lankal verby, en toe Woema
’n kompetisie hou om ’n vroue-
aanbieder te kry, het Wilmarie
Janse van Rensburg kop en
skouers bo die res uitgestaan.
Die media noem haar nie
verniet “die vinnigste vrou op
twee wiele in Afrika” nie.
W
aar kom jou liefde vir motor-
sport en veral motorfietse
vandaan?
Hoewel my ma die eerste saadjie geplant
het, dink ek ek is met die liefde gebore.
Dis soos ’n warm vlam wat ek in my
bors voel. Dis ook hoekom my gunste
lingkleure pienk en oranje is – pienk vir
my vroulike kant en oranje vir my vurige
kant. Op die baan het jy al twee nodig!
Wie het jou leer motorfiets ry?
’n Hoërskoolvriend, Verdun Boshoff, het
’n Honda 50 cc Dominator Fairing gehad.
Ek wou met alle geweld leer ry. Hy het
langs my gehardloop en verduidelik hoe
om eerste rat te kry en weg te trek. Onge
lukkig het hy vergeet om te sê hoe jy draai
en stop... Maar ek het daai aand gedroom
van ’n motorfiets en hoe ek op en af deur
die ratte gaan. Die volgende dag was ek
terug op die fiets.
30
Vir meer
inligting gaan
na kyknet.dstv.
com/program/
woema
Wat is die vinnigste
wat jy al gery het?
Ek kan nie die pre
siese spoed onthou
nie, maar dit was
meer as 300 km/h. In my sport is die tyd
per rondte belangriker. Elke deel van
’n sekonde is goud werd: Dis die verskil
tussen eerste en tweede – of ’n rekord.
Wie is jou held?
Ek het nie een nie, maar my gunsteling-
professionele motorfietsryer is Valentino
Rossi. Ons is ewe oud en ek dink hy is
’n ongelooflike sportman. Dit maak nie
saak wat verkeerd loop nie, hy glimlag
altyd en kom sterker terug. Dis nie maklik
om met jonger mense mee te ding nie.
Hoe ouer jy word, hoe minder kanse
vat jy. Hy steun steeds op suiwer talent,
ondervinding en harde werk.
Wat is jou gunstelingmotorfiets van
alle tye?
Die Kawasaki H2 Supercharged 1 000 cc.
Watter byeenkoms sal jy graag nog wil
bywoon?
Die Moto GP in Mugello, Italië. Die baan
is 5,2 km lank en meer as 100 000 mense
woon die byeenkoms by.
Wat was jou eie opwindendste oomblik
in motorsport?
My eerste sege in 1999 op die Midvaal-
Kom vir die kos.
BLY VIR DIE DRAMA.
MEER OOR WILMARIE
• Sy was die eerste vrou in Suid-
Afrika wat mededingend ry op
sogenaamde superbikes. Dis
danksy haar dat supermoto-,
motocross- en 600 cc superbike-
wedrenne vir vroue hier begin is.
• Wilmarie (37) het in 2006
Women in Motorsport begin
(in samewerking met Motorsport
Suid-Afrika).
• Sy was 13 jaar lank die eie
naar van Speed Queen Racing
wat gespesialiseer het in die
opleiding van motorfietsbe
stuurders – mans én vroue van
alle ouderdomme.
renbaan in Vereeniging. Ook my eerste
internasionele podium in 2007 in Estoril,
Portugal. Ek was die eerste en enigste vrou
in SA Superbike Racing wat oorsee ’n plek
op die podium kon kry.
Wie bestuur beter: mans of vroue?
Dis ’n moeilike vraag. Ek gaan eerder sê
daar is sekere mans en sekere vroue saam
met wie ek nie sal ry nie. Ek sit veral nie
agterop ’n motorfiets nie.
Woema Donderdae om 17:30 op kykNET, kanaal 144
kykNET | AUGUSTUS 2017
Party deelnemers moet meer as hul trots sluk in die eerste seisoen van Suid-Afrika se My Kitchen Rules.
BEGIN 13 AUGUSTUS OM 18:00. MNET.TV/MKRSA