kykNET Augustus 2017 | Page 22

# bravo !
# bravo !

‘ Tracey is my

Barbie-pop ’

Week ná week kan ’ n mens vir Tracey Lange op Bravo ! deur ’ n ring trek . Ontmoet Kyra Loubser , die vrou wat sorg vir haar ganse voorkoms .
12

Tracey vertel sy het Kyra ( foto regs ) in Mei 2012 ontmoet . “ Ons het telefonies kennis gemaak en sy het my meegedeel sy sou my die aand stileer . Sy het by my woonstel opgedaag , my kas oopgemaak en gesê : ‘ Jy is mal oor kleur .’ Toe kies sy die klere ...”

Deesdae kies sy nie net Tracey se klere nie , maar is ook haar grimeer- en haarstilis én kan sy kies en keur tussen ontwerpers en klerewinkels wat vir Tracey klere wil gee om te dra . “ Niemand sê ooit nee wanneer hulle hoor ek soek klere vir Tracey nie ,” sê Kyra .
As jong meisie het sy meer in sport belang gestel as in poppe .
“ Maar dinge het verander . Ek beskou Tracey as my persoonlike Barbie-pop !”
Is daar enigiets wat sy nié vir Tracey sal aantrek nie ? “ Sy hou nie van klere wat soos onderklere lyk nie . Sy hou nie van trashy nie . Klere moet gesofistikeerd maar sexy wees . Tracey het ’ n aansteeklike lag en ek probeer die klere wat sy dra , daaraan koppel . En sy verkies om nié swart te dra nie .”
Ook wanneer dit by Tracey se hare en grime ring kom , hou hulle dit so natuurlik as moontlik . “ Sy is baie gemaklik in haar eie lyf en hou nie van baie grimering of haarstyle met te veel tierlantyntjies nie .” Daar is wel uitda gings om haar “ Barbie-pop ” aan te
Vir meer oor Bravo ! gaan na kyknet . dstv . com / program / bravo trek . “ Die winkels verander hulle klere van die een seisoen na die volgende
reeds in die middel van die seisoen ,” sê Kyra . “ Partykeer is dit dus moei lik om wintersklere in die winter te kry – en Tracey hou nie van koudkry nie .”
Tracey onthou een slag wat sy ’ n probleem gehad met klere wat Kyra vir haar gegee het . “ Maar dit het niks te doen gehad met haar of die uitrusting nie , maar met die Kaapse weer ,” sê sy . “ Die weer het baie vinnig verander – tipies Kaaps – en ek het amper vergaan van die koue . Kyra is ’ n fantas tie se stilis en weet wat my goed pas – en sy sal altyd my mening in ag neem .”
Dit was Tracey wat met die hutsmerk # kyrafied begin het en nou gebruik ander mense wat onder haar bekwame hande deurloop dit ook .
“ Dis natuurlik ’ n groot eer ,” sê Kyra . “ Vir my is dit belangrik om vroue se eie natuurlik skoonheid uit te lig . Met Tracey het ek byvoorbeeld opgehou om haar moesies te probeer verbloem . Dis deel van haar skoonheid .”
Bravo ! Sondae om 19:30 op kykNET , kanaal 144 kykNET | AUGUSTUS 2017