i nhoud
AUGUSTUS 2017
Augustusmaand is
Vrouemaand!
D
is weer Vrouemaand, en dis fantas
ties hoe veelsydig ons kykNET-
vrouekunstenaars is. Dié uitgawe
wy ons aan al die kykNET-vroue voor én
agter die kameras. Nie net gaan ons inloer
by Sarie se Voorbladgesig-kompetisie en
gesels met die sjarmante redakteur, Michélle
van Breda, nie, maar ons kry ook hond se
gedagtes met Lizma van Zyl.
Die tweede seisoen van Die Boekklub boei
kykers al klaar, en wat ’n voorreg is dit nie
om vir Jana Cilliers én Antoinette Kellerman
in die reeks te sien nie! Lees gerus op bl. 6
hoe hierdie twee legendes mekaar oor die
jare leer ken het.
Op ons drie kykNET-kanale vier ons
vrouwees elke dag. Dit gaan doller as kopaf
Anlia van
Rensburg
in Getroud
met Rugby.
met die vroue van Elke Skewe Pot, en Elana
Afrika-Bredenkamp het haar die afgelope
paar weke bewys as ’n gerekende Madam
Speaker in die komedie-speletjiesprogram
Parlement Parlement. In Groen: Namibië
kweek ons waardering vir Marlice en haar
toegewyde man, Rudie, oor hulle passie en
toewyding aan die rehabilitasie van wilde
diere én ons kry ’n blik op die sonderlinge
skoonheid van die Namibiese landskap.
Ons vier die sukses van mev. S.J.A. de Vil
liers met ’n reeks oor haar ikoniese resepte
boek, Kook en Geniet, waarsonder ons
sekerlik nooit behoorlik sou kon kosmaak
nie! My eie eksemplaar het ek in 1981 by my
ma gekry, en glo my, dit het my vermoëns as
kok dramaties verbeter.
Augustus is ook die maand van kykNET
se gewilde Silwerskermfees in Kampsbaai,
Kaapstad. Vanjaar brei ons die fees uit met
Theatre on the Bay wat bykom om só meer
fliektyd te skep vir liefhebbers. Hou asseblief
kykNET.tv en kykNET se Facebookblad
dop vir die skaars geleentheid om kaartjies
na eksklusiewe vertonings te bespreek. Net
’n beperkte aantal kaartjies word beskik
baar gestel. Sien julle op die reeds geliefde
“Boere-Riviera” in Kampsbaai!
4 | Getroud met Rugby
Anlia van Rensburg sê sy sukkel om vir
Sasha op die stel te los
6 | Die Boekklub
Jana Cilliers en Antoinette Kellerman,
gesels, wel, boekstukke!
8 | Op rekord
Kyk wat is die afgelope ruk op ons
aktualiteitsprogramme gesê
10 | Die Groot Ontbyt
Rouchelle Liedemann-Marais straal
behoorlik ’n goue aura uit
12 | Bravo!
Weet jy wat is #kyrafied? Ontmoet die
vrou agter Tracey Lange se voorkoms
14 | Sarie Voorbladgesig
Nou kan kykers elke stap van die
soektog volg
16 | TV-skedules
Al drie die kykNET-kanale se
programme op een plek
24 | Silwerskermfees
Hier is vanjaar se Première-flieks... en
op kykNET wag ’n fliekfees in Augustus!
26 | Hond se Gedagtes
Lizma van Zyl sukkel om nié te byt as
diere mishandel word nie
28 | Koekedoortjie
Karen
en die kykNET-span
Uitgewer: In Context
Redakteur Ilza Roggeband
Besturende redakteur Peter van Noord
Vir kykNET
Kunshoof Monique Mouissie
Direkteur: kykNET-kanale, M-Net Karen Meiring Teksredigering Peter van Noord en Johan van Zyl
Skakel- en mediabestuurder Suzaan Keyter Medewerkers Cyril Blackburn, Herman Lategan,
Mari-Louis Guy, Louw Venter, Gerda Engelbrecht
en Piet Matipa
Hoof van bemarking en publisiteit:
kykNET-kanale Angerie van Wyk
kyknet.co.za
Foto’s verskaf deur kykNET
(tensy anders vermeld)
Kontak kykNET
011 686 6000
[email protected]
@kykNETtv
kykNETtv
kykNETtv
Staan nader, jongelinge, dis tyd om
julle bakvaardighede te wys
30 | Woema
Wie’t gesê net mans kan gesels oor
vinnige rygoed?
32 | Hadida
Ag nee man, eet wat op jou bord is,
raas Louw Venter
32 | Wie is ek?
Sy kan op haar hande staan én regop
bly op ’n skateboard...
33 | Blokraai
Jip, daar’s weer ’n prys op die spel
34 | Rubriek
Piet Matipa verstaan hoekom Adam
daai appel geëet het...
AUGUSTUS 2017 | kykNET
3