# DieGrootOntbyt
# DieGrootOntbyt
ALTYD OP SOEK NA goud
Sy ’ s ’ n aanbieder op Die Groot Ontbyt , maar ook ’ n suksesvolle gospelsangeres . En Rouchelle Liedemann-Marais is kleintyd al geleer ’ n ding is swart of wit – nooit grys nie .
10
DEUR HAIDEE MULLER
Dis pure opregtheid wat Rouchelle Liedemann-Marais uitstraal : Jy voel dadelik die goue aura aan . Die 39-jarige gospelsangeres-cum-radio-omroeper is hartlik en borrelend , altyd ordentlik – seker oor daar in haar kinderjare g ’ n kat se kans was vir tienerstreke nie . Haar ma , Elizabeth – of Antie Lizzy , soos sy alombekend staan – was streng se baas . “ Sy ’ t geglo aan goedgemanierde kinders wat jou in die oë kyk as hulle groet . Ek leer my kinders dieselfde ,” vertel Rouchelle in haar huis in Durbanville noord van Kaapstad .
“ Daar was núl grys areas . Dit was óf swart óf wit . Klaar . Ek het byvoorbeeld nog nooit aan ’ n sigaret geraak nie , want ek wou haar nooit teleurstel nie .”
Haar ma het haar wel nooit voorgesê nie , sê Rouchelle , maar sy het gewéét : Dit bly maar die veiligste om katvoet te loop . “ My ma was ’ n kreatiewe tuisma . Sy ’ t uitgeblink in bak en troudekor . Almal het antie Lizzy se gebak geken .”
Haar pa , Ronald , ’ n skrynwerker , beskryf sy as ’ n doener en nie ’ n prater nie . “ Ek wou altyd ’ n man soos hy hê . ’ n Gent .”
Sy en haar suster , Liezel Kiweme ( 35 ), het baie beskermd grootgeword . Kerkmeisies . “ My ma het ons geleer van nederigheid , om te onthou waar jy vandaan kom .” Sy lag . “ En sy raak vies as mense na haar verwys as Rouchelle se ma , hoor ! Sy is Elizabeth .”
Vir meer inligting gaan na kyknet . tv kykNET | AUGUSTUS 2017