kykNET Augustus 2017 | Page 14

#SarieVoorbladgesig Mooi, mooier, voorblad Sarie se Voorbladgesig-kompetisie is vanjaar ook op TV te sien, in sewe opwindende episodes. E lke jaar skryf duisende vroue in met die hoop dat hulle die volgende Voorbladgesig van Sarie sal wees. Vanjaar kan kyk­ NET-kykers die kompetisie volg – van die oomblik wanneer deur die inskrywings gesif word tot met die aanwysing van die wenner. Daar is twee ouderdomskatego­ rieë: een vir vroue tussen 18 en 30, en een vir vroue van 31 jaar en ouer. “ ’n Gesig wat só treffend is dat dit onmiddellik ’n konneksie met die leser maak en haar laat voel sy móét die tyd­ skrif hê,” sê die redakteur van Sarie, Michélle van Breda Michélle van Breda, oor wat hulle in ’n voorbladgesig soek. “Mooi gelaat­ strekke help, maar ’n wenvoorblad gaan eerder oor ’n emosie as ’n voorkoms.” Elke jaar word tussen 6 000 en 8 000 inskrywings ontvang waarvan die meeste uit Pretoria is. “Pretoria bly loshande die wenner,” sê Michélle. “Vanjaar weer het dubbel soveel inskrywings uit Pretoria gekom as Kaapstad, wat in die tweede plek is. Ouderdomme het gewissel van 18 tot 75, en glo my: Ons vroue lyk verstom­ mende goed, ongeag hulle ouderdom.” Sy sê dit is ’n taai, uitmerglende proses om die finaliste te kies. “Aan elke iedere inskrywing word aandag gegee. Al hoe ons deur die duisende inskrywings kan werk, is om dit oor ’n tydperk van baie, baie dae te doen, opgedeel in sarsies sodat ons vars bly en met ’n geoefende oog kan bly kyk. Ons werk deur die massas tot ons 250 het. Daaruit kies ons dan 100, daarna 40 (lesers op Sarie se webblad kry ook kans om vir hulle gunstelinge te stem, en hulle top 4 gaan outomaties deur na die volgende ronde), dan die laaste 20 en uiteindelik die finale 10. “Met elk van die tien word dan ’n potensiële wenvoorblad oor drie dae in Johannesburg geskiet. Op die ou end is dit dié foto’s wat die gróót praatwerk doen. Die finale besluit lê by my en Hanri Gerischer, ons kuns­ hoof. As ek en sy nie saamstem nie, rus dit Vir meer op my skouers om inligting gaan finaal te besluit.” na kyknet.tv Hoe dink sy gaan kykNET se betrok­ kenheid die kom­ petisie beïnvloed? “Ek was eers onseker, want nie almal wil noodwendig op TV wees nie,” sê Michelle. “Maar almal omarm dit. Suid-Afrikaanse vroue, veral Sarie-lesers, bly my verbaas. Hulle is so reg vir ’n uitdaging en doen dit met soveel pret en positiwiteit. Ek is bly die hele Suid-Afrika kan die reis van ons tien finaliste om daardie Oktober-voor­ blad te wen saam met ons meemaak. Ek is veral bly kykers kan sien hoe inspirerend ons vroue regtig is.” SÓ VERLOOP DIE SOEKTOG Episode 1 Derduisende inskrywings word by Sarie se hoofkantoor in Kaapstad gesif om uiteindelik die tien finaliste te kies. Episode 2 Wie is die vroue agter die finalisfoto’s? Episode 3 Die tien finaliste neem plek in voor die kamera van een van Suid-Afrika se topfotograwe. Episode 4 Rozanne McKenzie van Flits deel wenke oor TV-aanbieding en die tien finaliste ontmoet die vorige sewe wenners van Sarie se Voorbladgesig-kompetisie. Episode 5 Sarie se kosredakteur, Herman Lensing, kook vir die finaliste. Episode 6 By Sarie se kantore moet besluit word wie op die Oktober-voor­ blad gaan wees. Episode 7 Die wenner word aangewys. Sarie Voorbladgesig Maandae om 17:30 op kykNET, kanaal 144