kykNET Augustus 2017 | Page 10

#DieGrootOntbyt ALTYD OP SOEK NA goud Sy’s ’n aanbieder op Die Groot Ontbyt, maar ook ’n suksesvolle gospelsangeres. En Rouchelle Liedemann-Marais is kleintyd al geleer ’n ding is swart of wit – nooit grys nie. DEUR HAIDEE MULLER D 10 is pure opregtheid wat Rouchelle Liedemann-Marais uitstraal: Jy voel dadelik die goue aura aan. Die 39-jarige gospelsangeres-cum-radio-omroeper is hartlik en borrelend, altyd ordent­ lik – seker oor daar in haar kinderjare g’n kat se kans was vir tienerstreke nie. Haar ma, Elizabeth – of Antie Lizzy, soos sy alombekend staan – was streng se baas. “Sy’t geglo aan goedgemanierde kinders wat jou in die oë kyk as hulle groet. Ek leer my kinders dieselfde,” vertel Rouchelle in haar huis in Durbanville noord van Kaapstad. “Daar was núl grys areas. Dit was óf swart óf wit. Klaar. Ek het byvoorbeeld nog nooit aan ’n sigaret geraak nie, want ek wou haar nooit teleurstel nie.” Haar ma het haar wel nooit voorgesê nie, sê Rouchelle, maar sy het gewéét: Dit bly maar die veiligste om katvoet te loop. “My ma was ’n kreatiewe tuisma. Sy’t uitgeblink in bak en troudekor. Almal het antie Lizzy se gebak geken.” Haar pa, Ronald, ’n skrynwerker, beskryf sy as ’n doener en nie ’n prater nie. “Ek wou altyd ’n man soos hy hê. ’n Gent.” Sy en haar suster, Liezel Kiweme (35), het baie beskermd grootgeword. Kerk­ meisies. “My ma het ons geleer van nederigheid, om te onthou waar jy vandaan kom.” Sy lag. “En sy raak vies as mense na haar verwys as Rouchelle se ma, hoor! Sy is Elizabeth.” kykNET | AUGUSTUS 2017 Nog ’n rolmodel vir Rouchelle is haar ouma Stella Liedemann (89), wat met aggressiewe pankreaskanker gediagno­ seer is. “Selfs nou in haar siekbed is sy so ’n inspirasie. Sy’s so moedig. Haar hart so groot. Ek weet ek is kosbaar vir haar, nes sy vir my is. ‘Soek die goud in die lewe en jy sal dit vind’ – dís wat sy my geleer het. En sy lag altyd so lekker. Mamma sien altyd die snaaks in alles en kon altyd baie uitrig met min tot haar beskikking.” Rouchelle is getroud met Jamie Marais, ’n korporatiewe bestuurder, en hulle drie kinders, Cayla (14), Liam (12) en Samuel (7), word ook streng grootgemaak. “Hulle weet: Agtuur saans is dit tyd om bed toe te gaan, hoewel ek naweke ’n bietjie skiet gee. Ek het vir hulle verduidelik Mamma en Pappa moet ook tyd saam deurbring, want as hulle drie eendag uit die huis gaan, moet ons nie vreemdelinge vir mekaar wees nie.” Rouchelle het op 12 al in die kerk begin musiekmanne. “Jamie was lid van ons kerk se orkes!” Haar oë blink as sy oor dié lenige sport­ man van haar praat. Hy’s ’n aantreklike man wat deeltyds modelwerk doen en al dikwels in TV-advertensies en tydskrifte verskyn het. “Dit het my ouers ’n rukkie geneem om gewoond te raak aan die blonde man (soos hy toe gelyk het). Ek is op 22 getroud en op ons troudag sê my pa toe vir Jamie: ‘I give you my blessing.’ ” Die Marais’s is besige bye wat dol is oor die buitelewe. “Jamie pak graag uit­ dagings aan, en soggens om halfses draf hy al. In 2016 het hy Tafelberg 22 keer binne 24 uur uitgehardloop.” Hy is haar rots. “Eintlik het Jamie my geleer om op te staan vir dít waarin ek glo.” Haar radioloopbaan was vir haar ’n aangename verrassing, sê Rouchelle. Sy het eers ná skool as sekretaresse by hulle ‘Sy glimlag breed. “Ek dink as iemand goed is vir jou, word julle saam ouer soos goeie rooiwyn.” ’ Vir meer inligting gaa n na kyknet.tv sing, maar daar was nie geld om musiek te gaan swot nie. Tot ’n weldoener haar talent raakgesien het. “ ’n Juffrou het my hoor sing en my na Riana van Wyk se musiekskool gestuur.” Hier het sy haar liefde vir Afrikaans ontdek. “Ek glo ’n mens moet die taal rég praat. Ek praat nie soos ’n tipiese Kape­ naar nie, al is ek een. Ek het Riana gevra om my reg te leer praat, want dis hoe ek dit wil sing.” Sy het skoonskip gemaak in ’n rits sang­ kompetisies, waaronder die Tehila- nasio­ nale sangkompetisie, Reik na die Sterre en Gemini se kompetisies. “Ek moet eers die prentjie van ’n lied verstaan voordat ek dit uit my hart kan sing.” Die hele gesin is musikaal. Cayla sing ook in die koor, hoewel sangkompetisies vir eers taboe is. “Sy moet nog kind wees. Die lewe gaan oor baie meer as sing. Ek dink sy gaan ’n joernalis word, want sy kan haarself baie goed uit ’n ding uit praat.” Liam is mal daaroor om kitaar en klavier te speel, en, sê Rouchelle, die jongste, Samuel, en Jamie is ook al twee kerk, Die Lighuis, gewerk en tussendeur gesing. “Een jaar het ek by die KKNK gesing en iemand by Radio Tygerberg het my raakgesien. Hulle het my vir ’n stem­ toets genooi en daar kry ek toe ’n werk as ’n omroeper.” Ná 13 jaar by Radio Tygerberg het sy drie jaar gelede by Groot FM, die brein­ kind van Hardus Zevenster, ingeval. “Hy het die idee in die VSA gesien en gedink dis briljant dat radio en TV gelyktydig uit­ gesaai kan word. Toe probeer hy dit hier... en die res is geskiedenis. “Ek was eers skrikkerig vir die radio­ ding, maar het baie geleer. My oupa Christopher Liedemann, wat geboer het by Haarlem in die Langkloof, het ons des­ tyds al lief gemaak vir radio.” Vandag is sy ’n sterk vrou, nes haar ma en ouma. “Ek soek altyd na die goud, nes ek geleer is. En kyk, ek is deur baie dinge: Daar was nageboortedepressie waarvoor ek antidepressante moes gebruik, en in 2010 is ons gesin deur ’n finansiële krisis. Maar ons is daardeur. Ja, dit plaas druk op Daar vir mekaar Rouchelle en haar man, Jamie Marais, by hulle kinders, Jamie (links), Cayla (regs) en klein Samuel in die middel voor sy pa. enige huwelik, maar ons het net van krag tot krag gegaan. Ek glo my innerlike krag kom van God af.” Sy’t ook geleer om haar kop skoon te draf. “Dit het gehelp om van al daai nega­ tiwiteit ontslae te raak. Dit help ook dat ek en Jamie goeie vriende is – dis hoe ons verhouding begin het. Hy sê nou die dag vir my: ‘Dis sewentien jaar later en vir my is jy nog mooier as die eerste dag. Defini­ tief meer sexy ook.’ ” Sy glimlag breed. “Ek dink as iemand goed is vir jou, word julle saam ouer soos goeie rooiwyn.” NOU GENIET SY haar lewenspas. En daar wag ’n nuwe gospelalbum, haar vyfde, een met “ ’n anderste gevoel”, sê sy. “Dit weerspieël wie ek is. Ek en Jamie skryf die meeste van my liedjies – hy is ’n regte digter.” Sy glimlag. “Ek dink veral aan die liedjie ‘Nuwe Begin’ op ’n vorige album. Dit was ons swaarkryjaar. Toe sê ek vir Jamie: ‘Kom ons skryf ’n liedjie oor ’n nuwe begin.’ “Die woorde is só mooi... Die winter is verby, die sneeu op die berge verdwyn, die son is weer sigbaar vir my. Dit lyk my die lente verskyn in my.” Die Groot Ontbyt Weeksoggende om 06:00 op kykNET, kanaal 144 AUGUSTUS 2017 | kykNET 11