TONGELOS
Goue 10
Jannitha vd Berg
Die slimkoppe van ons skool, ons is regtig trots op julle! Julle
is super doper skitterende goue sterre. Leer so voort!
Kruinpark Blokraaisel
KRUINPARK
BLOKRAAISEL
Ons redenaarspan het weer die wêreld aan die
brand gepraat. Moenie met een van hulle stry nie,
veral nie met Chana Dunn nie. Sy het haar pad
oop gepraat na die Radikale Redenaarsfinaal.
Trots op jou!
Wat ’n jaar! Kan nie glo
dit is weer tyd om reg
te maak vir Kersfees
nie. Nou ja, waar begin
‘n mens. Dankie vir al
die kringleiers wat die
leerders van
Kruinpark so mooi gedien het. Dankie aan elke
leerder wat sy of haar pouses eenkant toe geskuif
het, om die Here te dien. Elke minuut maak saak!
Wanneer ons klaar maak met die ou jaar moet
ons vorentoe kyk na die nuwe jaar -2014. In 2014
beplan ons groot goed vir Coolklub. So ek wil jou
nou alreeds nooi, hou jou Woensdae oop en kom
dien saam met ons die Here.
Saam kan ons ’n verskil in ons skool en Secunda
maak.
Liefde in Christus
Mnr Robert
Het jy geweet?
Across
DWARS
Down
AF
3. Ons kaptein van die skool
1. Die Gr 7's wys jaarliks hul kreatiwiteit hier
5. Hy is in die PUMA-krieketspan opgeneem
2. Sy het brons gekry by die nasionale ekspo
7. House of ____ projek het komberse uitgegee aan
behoeftige kinders
4. Die o/11's is vir die derde keer Mpumalanga wenners
in die sport
6. Daar is soveel van ons skaakspelers wat SA's toe
gaan
Jou voet bestaan
uit 26 bene
By die landsdiens lei ons
kinders op om verantwoordelike landsburgers
te wees d.m.v klubaktiwiteite en kampe.
Ons het weer hierdie jaar
die vier liefdes ( liefde vir
God, jou medemens, arbeid & natuur) van Landsdiens uitgeleef tydens
ons byeenkomste.
Met ’n kampie hier en
’n kampie daar is nege
leerders gekies om Desember die Nasionale
Landsdienskamp by te
woon. Dit is voorwaar ‘n
groot prestasies. Lekker
kamp ysters!
m
Ons harte klop war
Kruinpark het besluit om hierdie jaar die
Winterhoop projek van House of Mercy te
ondersteun. Hulle maak komberse bymekaar vir die kinders van Shapeve Laerskool.
Daar is 2700 kinders in die skool. Die meeste
van hierdie kinders is weeskinders of leef in
haglike omstandighede. Elke leerder het ‘n
kombers ontvang om teen die koue winter te
help baklei. Dankie aan elke warm hart wat
‘n bydrae gelwer het.