KRUIN BASUIN 2013 | Page 2

Wyse woorde Kaptein span die seile Die jaar het weereens verby gevlieg. Dit was vir my voorwaar ’n groot voorreg om hoof te wees van ’n skool met sulke pragtige leerders, personeel en ouers. Alle dank en eer aan ons Hemelse Vader vir Sy hande vol seëninge en genade die jaar. Aan al ons oulike leerders, ouers en personeel, baie dankie vir elkeen se insette en harde werk om van Laerskool Kruinpark ’n pragtige skool te maak. Dit word opreg waardeer. Baie geluk aan al die leerders en personeel met hulle mooi prestasies op akadmiese, kulturele en sportgebied die jaar. Dit is werklik vir my ’n groot eer om deel te wees van hierdie wenspan. Aan al die Gr 7 leerders: Sterkte met julle Hoërskool-loopbane. Bly so oulik soos julle hier by ons was. Onthou: Oë Boontoe, Vasberade Vorentoe! Geniet die vakansie en rus lekker uit vir 2014. ’n Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige 2014 word u toegewens. Kruinparkgroete Thomas Steenkamp ATLETIEK Spiese het gewaai en diskusse is rondeswaai. Atletiek het hierdie jaar koning gekraai. Puik prestasies is op die veld en om die baan behaal. Geluk aan al ons atlete en afrigters. 2014 gaan julle darem ‘n ding sien. Pale toe, pale toe… Kruinpark se rugbymanne was beslis dikwels by die pale as ons kyk hoeveel spanne die Mpumalanga-finaal gehaal het die afgelope seisoen. Baie geluk aan die o/11 span wat as Mpumalanga wenners gekroon is – vir ‘n derde keer! Leiers groet IDEES VOL VREES NETBAL Ons netbalpoppe het die netbalbane aan die brand gespeel. Die o/11 A & o/11B-spanne het aan die MUSSA-kampioenskappe deelgeneem. Bly so doelgerig netbalpoppe! Ek staan aan die einde van ‘n opwindende hoofstuk. Laerskool Kruinpark en die onvergeetlike herinneringe en ervaringe wat vir my gebied is, sal ek vir ’n leeftyd saam met my dra. My graad sewe jaar was ’n jaar wat te vinnig verby gegaan het, ’n jaar wat as platvorm gedien het vir die groot dinge wat daar buite op my wag. Ons het verseker almal geweet dat die dag gaan kom waar elkeen ’n besluit vir sy/haar toekoms sal moet neem, met soveel drome en soveel planne. Maar ek glo nie een van ons het werklik besef hoe moeilik dit gaan wees om totsiens te sê nie. Oë boontoe. Vasberade vorentoe!! Daarom, al is ons harte seer om ons tuiste Kruinpark te verlaat, bedank ek graag namens al die graad sewes ons wonderlike personeel en ons fantastiese hoof, mnr Thomas, bedank vir dit wat hulle vir ons gedoen en beteken het. Ek glo dit wat ons hier geleer het sal ons altyd op ons pad vorentoe saam met ons dra. Want soos dit lui eens ’n Kruinparker, altyd ’n Kruinparker. Dis hier waar jy jou voete vind. Ons sê dalk nou vaarwel, maar ons is nie vir lank weg nie want ons voetspore bly hier agter. Kobus du Toit Jannitha v.d Berg Ons bedank ons geduldige onderwysers, uitmuntende hoof en liefdevolle ouers vir hul ondersteuning en bystand. Julle was werklik toegewyd en ons is goed toegrus vir die toekoms. Aan my mede leierraadslede, dankie vir die vertroue, samewerking en ondersteuning. Dit was ’n voorreg en plesier om as hoofseun van Kruinpark te dien.