KRUIN BASUIN 2013 | Página 10

Ons eie Einstein Rockshow Jantjie Harmse het brons ontvang by die Nasionale Wetenskap ekspo.Dit is voorwaar ’n groot prestasie. Die Graad Sewe rockshow was kookwater! Daar is baie moeite gedoen met die dansies en kostuums. Elke groep het hul gate uit geniet en mens kon sien hul Pasop wetenskap – Jantjie is oppad! het hard gewerk aan die dansies. Die gehoor het ook geskater vir die seremoniemeesters se flink “verhoog” persoonlikhede. 2014 se Graad Sewe’s - julle beter solank begin oefen, julle het groot spore om in te volg. CARTOON CARTOON Kultuur kook Eisteddfod is elke twee jaar ’n hoogtepunt hier by Kruinpark, maar hierdie jaar was besonders spesiaal. Die volgende prestasies is behaal: • 241 Kruinparkers neem deel • 30 Katagorie wenners • 33 Deelnemers bo 90% • 241 Deelnemers bo 95% Ons is werklik trots op Kruinpark! Baie dankie aan elke ouer, kind en onderwyser wat hierdie pragtige prestasies moontlik gemaak het. Maar die belangrikste is dat elke kind sy beste gegee en dit terdeë geniet het. Daar is op 17 Oktober erkenning gegee aan almal wat deelgeneem het tydens die Eisteddfod prysuitdeling en konsert. Die volgende groepe het ook aan die Eisteddfod deelgeneem en pragtige uitslae ontvang: • Gr 1 & 2 spreekkoor • Gr 3 & 4 spreekkoor • Gr 5 & 6 spreekkoor • Gr 7 spreekkoor • Juniorkoor • Seniorkoor • Kitaargroep Weereens baie dankie en nogmaals geluk met die puik uitslae. Produksie 2000 Borris die Boelie het Kruinpark kom leer van waardes op ‘n lekker, komiese manier en elke Kruinparker sal dit onthou: • Eerlikheid • Werk hard • Toon respek • Verantwoordelikheid Dankie aan die toneelgroep vir hulle besoek elke jaar! Ons sien uit na die volgende besoek van mnr. Pratt en Juf Sno-d-gras!