tDadel Bollietjies
2 pakkies dadels (250 g pakkies)
1/4 blok botter/magrine
2 eiers
3 koppies beskuit/koekie krummels
2 koppies klapper en nog om dadel bollietjies in te rol
Sny of breek die dadels in klein stukkies en gooi dit in die kastrol. Sit die botter ook in die kastrol. Sit die kastrol op die stoof en sit die plaat op ses. Waneer die botter gesmelt is voeg die eiers by en meng goed. Haal die kastrol van die stoof af en voeg die klapper en krummels by. Meng goed. Rol in balletjies en rol in klapper. Geniet dit!
WENK:
As jy nie beskuit of koekie krummels het nie kan jy ‘n pakkie marie koekies fyn maak en dit gebruik.
Onthou! Bere die dadelbollietjies in die yskas.
Talitha Loubser (13)
Resepte