Jakkals sit onder ‘n boom. Hy wat Jakkals is, is baie honger. Hy wens die kos val sommer in sy skoot.
Kraai vlieg tot op ‘n tak in die boom bokantJakkals. Jakkals kry ‘n blink plan! Hy roep saggies na Kraai, maar Kraai hoor hom nie. Jakkals fluister weer. Later vlieg Kraai af tot op die grond voor Jakkals, om te kan hoor wat hy sê.
‘’Jou dom Kraai, ek het jou!’’ skree Jakkals. Kraai probeer wegvlieg,maar dis verniet! Jakkals het hom!
Jakkals en die dom Kraai
Jannae de Villiers
Die einde