Karoo kids Uitgawe 3, 2017 | Page 6

Kinders uit Tanzanië

deur Jannae de Villiers

Die Maasai stam was altyd nomadies.  Dit beteken hulle trek agter weiveld aan.  Meeste Maasai bly nou in krale.  Hutte word in ‘n kring gebou met ‘n oop spasie  vir hul vee in die middel.

Die Maasai kinders kry gaatjies in hul ore vir versierings.  Dogtertjies dra krale wat meer raak as hul ouer word.  Die dogtertjies se hare word afgeskeer.  Die meisies dra spesiale hooftooisels wanneer hul reg is vir trou.  Hulle maak hul speelgoed uit klei en hulle balle van wilde tamaties waarom hulle gras draai.  Die meeste Maasai is christene.  Die mans mag meer as een vrou hê.  Hulle eet graag stywe pap, bone en vleis, en drink graag koeimelk.