Die Alpine melkbok
Ek en my sussie Thea het melkbokke gekry in 2014 , twee ooie en ń ram , Creamy , Blacky en Noughty. Pa was natuurlik nie baie happy met die idee dat ons melkbokke gekry het nie , want hulle is mal daaroor om op New Holland trekkers te klim...
Ons het Alpine en Saanen melkbokke. Die Alpine is ń swart bok en die Saanen is wit, hulle gee ewe veel melk, die Alpine is net minder vatbaar vir siektes. Dit is ń middel matige grote bok en het horings .
Aanteel:
2014 : Ons het klein begin , die eerste bokke was - Creamy , Blakcy en Noughty , die twee ooie het tweelinge gegee.
2015 : Ons het vyf ooie en ń ram gehad ; Lady , Milky , Creamy , Blacky , Koeryne en die ram Noughty . Hulle het almal tweelinge gegee behalwe Lady het ń vierling gegee en al vier was ooitjies.
2016 : Die ooie het in 2016 nie so goed gelam nie as gevolg van die droogte .Daar was ń paar nuwe jong ooitjies, Creamy, Blakcy, Lené, Gips , Korreltjie en die ram Ivan. Ons het twee enkelinge en twee tweelinge gekry.
2017 : Sal sien hoe die jaar loop.
Het jy geweet:
ń Melkbok is omtrent 305 dae in melk
ń Melkbok vat net n sekere tyd van die jaar, hulle kom elke 14 dae in Februarie , Maart en April op. Waarskuwing: bly weg van die ramme hulle stink. Bokmelk is veral gesog vir mense met allergieë. Die Alpine bok is minder vatbaar vir siektes as die Saanen bok. Melkbokke is baie goeie ouers .Melkbokke mag nie ureum eet nie.
Voer:
Ruvoer ; Tef, Lusern , Soetriet en Grondboontjie hooi.
Pille ; Sweet feed.
Karlie Cilliers (13)