Karoo kids Uitgawe 2, 2016 | Page 70

Miela en Toby

Ons het vir Toby gekry toe hy nog ‘n baba hondjie was. Hy is nou al ‘n groot hond.Hy het ‘n lang snoet en lang bene. As ons gaan stap op die grondpad is daar ‘n modder poel en as ons omdraai en terugkom, gaan lê hy in die modder poel. Partykeer hardloop ons vooruit en keer hom, maar partykeer nie. Dan sê mamma “sjokkelade labrador!” dan is ‘n stuk van hom bruin en ‘n stuk velkleur. Hy is ‘n velkleur labrador. Sy sussie, Miela, was ook velkleur, maar ons het haar wegegee omdat sy ons baba boetie, Juan gebyt het. Ons het haar vir mense gegee wat ‘n swart labrador het. Miela hou baie van haar nuwe maatjie.

Marisa Loubser (8)