Hooo-Hooo Hooo-Hooo Volume 12 Issue 02 | Page 19

Veearts sterf tydens Queenstown- helikopterongeluk 15 Augustus 2018 Suné van Heerden Freek Snyman (Foto: Facebook) Een persoon is dood en een beseer toe ʼn helikopter Woensdag in ʼn wildreservaat naby Queenstown in die Oos-Kaap neergestort het. Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid (BLO), het aan Maroela Media bevestig ʼn Robinson RH22-helikopter met ʼn vlieënier en passasier aan boord het neergestort. “Volgens die inligting wat ons ontvang het, is die vlieënier beseer en die passasier het noodlottige beserings opgedoen.” Volgens hom is ondersoekbeamptes na die toneel ontbied. Maroela Media verneem die passasier wat in die ongeluk omgekom het, is George Frederik (“Freek”) Snyman, ʼn veearts van Port Elizabeth. Joshua Cilliers. Foto: Verskaf Joshua Cilliers is die vlieënier wat in die ongeluk beseer is. Hy is tans in ʼn hospitaal in Queenstown. Sy ma, Eurika Cil- liers, kon nie dadelik verdere besonderhede aan Maroela Media verskaf nie. Maroela Media wag op kommentaar van die polisie. Credit: Maroela Media, https://bit.ly/2OYy65s 2018 AUGUST 19