Hinterlander November / December 2016 | Page 2

�ALGEMEEN

Boodskap van die BD

Mede Hinterlander ,

En so vind die Hinterland span hulself alweer in die pylvak met die einde van die jaar in sig . Met terug blik , sonder twyfel ‘ n jaar gevul met vele uitdagings , hoogte- en laagtepunte , aangename en onaangename verrassings . ‘ n Jaar waar verandering en die spoed waarmee ver andering gebeur het , dit moeilik maak om alles te onthou . Ek glo dat elkeen van ons op ‘ n stadium getwyfel of gewonder het wat die toekoms vir ons inhou , waarheen die besigheid op pad is , en hoe die veranderinge gaan uitspeel .

Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om hierdie heel eerste uitgawe van jul personeel nuusbrief , die Hinterlander , aan julle bekend te stel . Soos julle uit die gevoel van die uitgawe sal opmerk , is dit daarop gemik om ons maatskappy se kultuur te reflekteer , wat ‘ n kombinasie is van harde werk , hoë etiese waardes , passie en ‘ n goeie dosis pret .
Deur Hinterlander wil ons eenheid en spanwerk versterk , sodat ons ons ervaringe kan deel en mekaar ook in die proses beter leer ken . In die nabye toekoms gaan ons die nuwe handelsmerk binne die winkel asook die kenteken bekend stel . Ons slagspreuk “ Herontdek dit wat saakmaak ” het sy ontstaan uit die verstandhouding om ‘ n klantervaring te skep wat moderne hoë tegnologiese doeltreffendheid met ouskool plattelandse waardes en betroubaarheid kombineer . Kyk uit vir meer hieroor in die volgende uitgawe .
Ek is egter seker dat die veranderinge tot voordeel van elkeen is , en sonder twyfel gaan bydra tot die langtermyn sukses van die besigheid en die sukses van elke Hinterlander . Dit sal ongelukkig net moontlik wees as ons almal die veranderinge verantwoordelik aanvaar en deel maak van ons alledaagse doen en late , en terselfdertyd besef dat elkeen ‘ n verantwoor delikheid en geleentheid het om ‘ n bydrae te lewer .
Ek wil ook graag van die geleentheid gebruik maak om vir elkeen dankie te sê vir die tien maande wat ek deel kon wees van die Hinterland-span , die ondersteuning wat ek ontvang en die manier hoe elkeen my deel gemaak het van die span . Ek sien werklik uit na volgende jaar en nog vele jare daarna om my verantwoordbare bydrae te lewer tot Hinterland se langtermyn suksesvolle voortbestaan .
Mag elkeen die komende Kerstyd weer opnuut die onbaatsugtige Liefde , Genade en Seën van ons Hemelse Vader ervaar en opnuut besef dat ons tot alles in staat is slegs as ons tot Hom bid in totale afhanklikheid . Laastens wens ek elkeen sterkte toe vir die laaste paar weke , vir die wat bevoorreg is om vakansie te kan neem , veilig reis en mag elkeen kwaliteit tyd met julle gesinne , vriende en familie oor die Kerstyd spandeer .
Kersgroete .

Daan

Soutkorrels met Johan Schoeman

Matt 5:13
“ Worrying is like a rocking chair ; it keeps you busy , but gets you nowhere …
anonymous
Tydens ‘ n onlangse kampnaweek luister ek in die badkamer na ‘ n gesprek tussen ‘ n pa en sy seuntjie - dit gaan soos volg :
“ Look daddy , there ’ s a spider .” Sê ‘ n angstige stemmetjie . “ No my son , it is only an ant ,” antwoord sy pa . “ No daddy , it is a spider , look at all its legs , it is a spider !” reageer die seuntjie met oortui ging . “ No my son , it is only an ant ,” antwoord sy pa gerusstellend !
Dié gesprek het my laat dink aan ons gesprekke met God . Oor hoe ons met God oor ons bekommernisse en vrese kommunikeer . Ons is soos die seuntjie ; ons weet beter , soek redes om ons vrese en bekommernisse te regverdig , ons tel selfs die “ vreeslike ding ” se pote . Ons glo onsself ten spyte van God se alwysheid , Sy kennis en gerusstelling en dan bekommer ons ons siek net om uiteindelik te moet erken dat dit toe nooit eers so erg was , of dat dit toe nooit eers gebeur het nie . Bekommernisse en vrese maak ons blind , steel ons vreugde en haal die mooi uit ons lewens . Dis in wese ’ n mosie van wantroue in God , want hoe meer jy jou bekommer , hoe minder vertrou jy op God . Dit werk ook andersom : Hoe meer jy daarin slaag om God te vertrou , hoe minder bekommer jy jou .
Hoe hou ons op om so te wees ? Ons moet ‘ n keuse maak , ons moet kies om op te hou om onsself bevrees te staar na die “ spinnekoppe ” rondom ons en kies om doof te wees vir die bangmaakstemme van vrees en bekommernis in ons . Ons moet besluit om eerder na God te luister en Hom volkome te vertrou . Dan eers verminder ons vrese en groei ons geloofsvertroue in God .
Kies vandag om jou fokus te verskuif , kies om weg te kyk van jou bekommernisse en vrese en Jesus by jou raak te sien , luister dan na Sy stem en vertrou Hom ! Gaan lees gerus Sy siening oor bekommernis en vertroue in Matteus 6:25-34 en Psalm 37:3-5 .
REDAKSIE : REDAKTEUR : Marlon Abrahams Tel : 018 464 7349 | marlon . abrahams @ senwes . co . za ONTWERP EN UITLEG : Mercia Venter | mercia . venter @ senwes . co . za
2
Herontdek dÍt wat saakmaak