Hinterlander March / April 2018 | Page 2

ALGEMEEN Geloof, Hoop en Liefde Boodskap van die BD Mede-Hinterlander, D Tye van verandering. it is met 'n goeie rede dat daar algemeen gesê word dat veran- dering 'n konstante gebeurtenis is. Wie sou 'n tyd terug met sekerheid kon sê dat ons land 'n nuwe president sou hê, dat die wisselkoers sou wees wat dit nou is en daar hoop is vir 'n verandering in die politieke bestel in ons land? Verandering, hetsy gedwonge of uit eie wil, is 'n realiteit. 'n Werklikheid wat ons as mens nie kan vermy of voorkom nie. Verandering gaan dikwels gepaard met onsekerheid, wan- troue en twyfel. Dit lei daartoe dat verandering liefs vermy word, selfs teengestaan word en nie maklik aanvaar word nie. Uit 'n besigheidsperspektief is die vraag; waarom die veranderinge in Hinterland? Verandering is nodig om verskeie redes: om aan te pas by veranderde omstandighede, om te verbeter, te vernuwe, relevant te bly vir ons klante, waarde toe te voeg tot ons aandeelhouers en laaste maar nie die minste nie, om werksekuriteit vir almal werksaam by Hinterland te verseker. Geen groei kan plaasvind sonder verandering nie. In die besigheidswêreld is daar talle voorbeelde van besighede wat nie aange- pas het by veranderde omstandighede nie en gevolglik vandag nie meer bestaan nie! Hinterland is tans in so 'n fase van verandering. Die uitkoms van dié ver- andering sal bepaal word deur die gesindheid waarmee elkeen van ons dié verandering gaan benader en hoe ons daarop gaan reageer. Ek glo dat dié verandering presies die redes vir verandering soos reeds genoem, aanspreek en vertrou dat onselfsugtige besluite deur elke rolspeler geneem sal word in belang van ons besigheid en tot voordeel van elkeen werksaam by Hinterland. Alhoewel ek besef dat die veran- dering sonder twyfel nie maklik gaan wees nie, versoek ek egter dat die verandering deur u elkeen ondersteun sal word, dat u die verandering met 'n positiewe gesindheid sal benader sodat u ook deel kan wees van Hinterland se uiteindelike verhaal. Sterkte en voorspoed met u taak en die nuwe uitdagings. Hinterland groete. Daan Matt 5:13 Paulus sluit die bekende 1 Korintiërs 13 af met: “…… geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! As ons om ons kyk, wonder ons hoeveel mense leef werklik met hierdie geloof? Leef ‘n onwrikbare geloof wat gevestig is in hoop in God as die bron van hul geloof, want ons sien weinig van hierdie hoop of liefde in hul lewens. Ons sien veral nie liefde vir mekaar wat maak dat ons mekaar met menswaardigheid en weder- sydse respek hanteer en ruimte laat vir mekaar nie. Die lewe het ‘n wrede wedloop geword. ‘n Wedloop waarin elkeen veg vir sy eie belang, sy eie voortbe- staan en selfverryking, meestal ten koste van ander! As jy nie iets vir my kan beteken nie, moet jy liewers uit my pad bly! Tekens van dié geloof waarin ons beweer ons glo; ‘n onwrikbare geloof waar ons ‘n leë hand met vertroue na God uitsteek en in Hom die lig van hoop en liefde vind waarmee ons die eise van die lewe oorkom, is daar weinig sprake! Van wat nog daarvan om hierdie hoop en liefde wat ons in Hom vind, met die wêreld te deel! Ware gelowiges het juis vanweë hul geloof in God nog hoop, ongeag! Hoop in God is soos die son; as jy in Sy rigting kyk, gooi Hy die skadu’s van jou probleme agter jou! Jou hoop in Hom gee ‘n lig wat wys; Hy is groter as enige probleem of uitdaging wat jou in die gesig staar. Gelowiges kan juis vanweë hul geloof in God, die opdraandes van die lewe oorwin, want in ons geloof vind ons trappe wat gebou is op God se liefde. As ons daarop klim sien ons ‘n toekoms wat ander nie sien nie, want ons vind ‘n venster waardeur ons verby ons probleme kan kyk en God raaksien. Dan verstaan ons; liefde wat ons in Hom vind is nie blind soos die spreekwoord sê nie, liefde sien ook nie minder nie, néé; juis omdat liefde méér sien, help dit ons om ons hoop in God gevestig te hou! Die Bybel noem die drie-enige God wat ons as gelo- wiges aanbid, die bron van lewe, van hoop, van vrede en van krag, blydskap, vreugde, standvastigheid, be- moediging, ewige saligheid en van lewende water! Het jy enigiets méér as God nodig? REDAKSIE: REDAKTEUR: Marlon Abrahams Tel: 018 464 7349 | [email protected] ONTWERP EN UITLEG: Pieter Swanepoel | [email protected] 2 Herontdek dÍt wat saakmaak