Hinterlander June / October 2019 | Page 2

ALGEMEEN Boodskap Die Bybel van die BD Geagte Hinterlander, Matt 5:13 E k begin graag met die volgende aanhaling van Jack Welch: “If the rate of change on the outside exceeds the rate of change on the inside, the end is near”. Hoe maklik sê ons nie dat die enigste konstante in die tyd wat ons leef, verandering is nie, sonder om verder ondersoek in te stel na die impak van die verandering, die gepaardgaande uitdagings daarvan te deur- dink en ons strategie te hersien sodat ons steeds die gestelde doelwitte behaal. Verandering moet nie gesien word as 'n struikelblok nie - verandering is die pad na sukses! Om 'n relevante rolspeler in die landbousektor te wees en te bly, is inherente verandering nodig om volhoubaar oor die lang termyn te wees. Hier is 'n paar riglyne wat jy kan toepas om sukses te behaal, ten spyte van jou veranderde omstandighede: • Begin deur die verandering te sien as 'n uitdaging en nie as ‘n struikel- blok wat nie oorkom kan word nie. • Dit is belangrik om verandering met kreatiwiteit en optimisme te bena- der, om oplossings te soek in die ongewone en onbekende en dit aan te pak met soveel as moontlik feite en so min as moontlik aannames. • Pak die situasie met vertroue aan. Glo in jou en jou span se vermoë om die uitdagings uit te presteer. • Wees eerlik oor jou eie en oor elkeen in die span se vermoë en beper- kings wanneer die plan of strategie saamgestel word en belyn die plan daarmee. • Soek na geleenthede om erkenning te gee, terwyl vordering met die deurvoering van die plan soos ooreengekom, konstant gemonitor en afwykings aangespreek word. • Wees bereid om kritiek te ontvang, ondersoek geleenthede om te ver- beter, leer uit jou ervarings en moet nie huiwer om van die mense om jou en in jou omgewing te leer ken nie. Ek sluit weer af met die versoek dat ons positiwiteit moet behou en moet aanhou om 'n boodskap van hoop uit te dra. Kom ons bly gefokus op dit wat waarde toevoeg en dit wat werklik saak maak. Laastens, maar beslis nie die minste nie, moet ons aanhou om dit wat ons doen, met volle oorgawe te doen, toegewy aan en in afhanklikheid van ons Skepper, in die wete dat alles wat ons het en alles wat ons ontvang, alleen uit Sy genade is. Hinterland groete Daan ‘n Lig vir my pad. Ek het onlangs ‘n GPS met ‘n lekker groot skerm en al die nuutste kaarte daarop as geskenk gekry. Maar ek het ‘n Shell pad-atlas wat ek al jare gebruik en nogals goed mee regkom om my weg mee te vind! Nou gebruik ek die GPS as ’n papiergewiggie tuis op my lessenaar, wat alewig deurmekaar is. Veral as die venster oop is, waai die papiere oral rond. Gelukkig help die GPS dat dit nie meer gebeur nie! Ook maar lekker stupid, dink jy by jouself! Ja, ek weet, dis sommer ‘n storie, maar net so “dom” as wat dit mag klink, is dit hoe baie mense hul Bybels gebruik! Niks meer as ‘n papiergewig wat iewers rondlê, of iewers lê en stof vergaar nie! Maar wag, kom ek vertel jou van die Bybel! Die Bybel is dié topverkoper boek wat in meer as 1 000 tale vertaal is. Dis met goeie rede die topverkoper, want dis vol noodsaaklike inligting vir ‘n suksesvolle en sinvolle lewe! Die Bybel is deur God self geïnspireer, dit leer ons oor die waarheid en wys die regte koers vir die lewe aan. Dit leer ons wat die “regte” dinge is om te doen en hoe om dit wat verkeerd is, reg te stel. Dit help ons ook om die “regte” manier van leef aan te leer, sodat ons volkome voorbereid en toegerus sal wees vir enige uitdagings wat die lewe ons bied. Wat sê die Bybel, oor die Bybel? Dit is volmaak en gee lewe. Dit is betroubaar en leer ons hoe om wysheid te verkry. Dit is helder, gee insig en is kosbaarder as goud! Die Outeur beloof dat dit met ons goed sal gaan as ons daarvolgens leef, die riglyne daarin gehoorsaam en met ons hele hart Sy wil uitvoer. Die Bybel is ‘n lamp wat ons die weg wys en ‘n lig op ons pad. As jy die Bybel die rigsnoer maak van alles wat jy sê en dit gereeld oordink, sal jy voorspoedig wees en slaag in wat jy doen. Die beste van alles In die Bybel vind jy God se storie vir jou lewe, meer nog: Daarin kom klop Hy self saggies op jou skouer, wys jou na ‘n Verlosser aan ‘n kruis, en sê: “Daar is my Seun, Hy het dit vir jou gedoen! Hy is die weg, die waarheid en die lewe, in Hom, ontdek jy wat dit is om waarlik te lewe!” My Bybel - ‘n papiergewig wat lê en stof vergaar? Néé – dit is my onmisbare lewensreisgids! REDAKSIE: REDAKTEUR: Kefiloe Manthata Tel: 018 464 7875 | [email protected] ONTWERP EN UITLEG: Pieter Swanepoel | [email protected] 2 Herontdek dÍt wat saakmaak