Hinterlander April / May 2019 | Page 2

ALGEMEEN Boodskap van die BD Mede-Hinterlander, Matt 5:13 W at oorheers die afgelope ses of meer maande alle gesprekke, ongeag of dit langs ’n braaivleisvuur is, by ‘n spoggeleent- heid, of selfs 'n familiebyeenkoms? Ek is seker julle sal met my saamstem, dit gaan meestal oor die huidige ekonomie, politieke on- stabiliteit, leë verkiesingsbeloftes of nog ’n bedrogspul wat êrens oopge- vlek is. Almal is moedeloos en vuisvoos! Hoofopskrifte op die voorblaaie van elke koerant en elke moontlike sosiale platform maak ook seker dat ons nie daarvan ontkom nie. As ek terugkyk na die afgelope 11 maande, het die besigheid soos ver- wag nie die normale uitdagings vrygespring nie. Die laat reën en abnor- male reënpatroon met gevolglike laat en veral minder aanplantings, het ’n wesenlike impak op die besigheid se finansiële prestasie gehad. Daar- teenoor het die strenger toepassing en uitvoering van voorraadkontrole en -beheer ’n wesenlike positiewe impak gehad op voorraadafskrywings en -verliese. Koste is ook met omsigtigheid bestuur, wat tot gevolg gehad het dat beheerbare koste binne begroting gebly het. Met die nuwe finansiële jaar om die draai, is en bly dit belangrik om te verseker dat ons moet voortbou op die fondasie wat die afgelope jaar gelê is. Ons moet die fokus verskuif na die klant en die klant se behoeftes en moet daarop voortbou om oplossings aan die klant te bied, ongeag die uitdagende omstandighede. Soos in my vorige skrywe, versoek ek weer dat ons positiwiteit moet behou en moet aanhou om 'n boodskap van hoop uit te dra. Kom ons bly gefokus op dit wat waarde toevoeg en dit wat werklik saak maak. Laastens, maar beslis nie die minste nie, moet ons aanhou om dit wat ons doen, met volle oorgawe te doen, toegewy aan en in afhanklikheid van ons Skepper, in die wete dat alles wat ons het en alles wat ons ontvang, alleen uit Sy genade is. Ek deel graag met julle die volgende: “Ons probeer soms ’n groot boom skuif terwyl God net wil hê ons moet ’n saadjie plant. Doen wat jy kan en God sal doen wat jy nie kan nie”. Hinterland groete Daan Alles pure verniet... Daar word vertel van ‘n diep gelowige man, reeds afge- tree en baie bejaard, wat sy lewe lank alleen gewoon het. Hy was ‘n gereelde kerkganger wat Sondag vir Sondag getrou in die kerk gesit het. Sy enigste geselskap was sy hond, dié het hom soos ‘n skaduwee gevolg. Hulle was baie na aan mekaar en jy het die man dikwels so in sy stap saam met sy hond, in ‘n diep gesprek met die hond gesien. As jy naby genoeg was, kon jy dit selfs hoor. Die hond het Sondae saam met die man kerk toe gestap, en rustig onder die man se sitplek in die kerk gelê en luister na die prediker se boodskap. Die man is uiteindelik oorlede, en sy hond wat so lank al- leen saam met hom gewoon het en ook al oud was, is self ook net ‘n paar dae na die man se afsterwe, dood. Hulle sê die hond het homself doodgetreur. Toe die man oorlede is, is hy vanweë sy geloof en sy intieme verhouding waarin hy met God geleef het, opge- neem in die hemel waar hy sy ewige lewe sou deurbring. Die arme hond wat Sondag vir Sondag getrou in die kerk was en ook “aandagtig” na die prediker geluister het, was egter nie so gelukkig nie. Hy is nie hemel toe nie, ongeag sy getroue kerkbywoning. Klink half onregverdig nê? Dié storie van die hond is vandag ongelukkig ook op baie mense van toepassing. Mense wat Sondag vir Sondag in die kerk sit, of dalk nie elke Sondag nie maar tog gereeld, wat dink dat hul kerkbywoning hulle van ‘n ewige lewe saam met God verseker. Dit is ongelukkig nie waar nie! Néé, God vra ‘n lewe in ‘n verhouding met Hom! ‘n Verhouding wat begin deur Jesus as Verlosser aan te neem. Dan word God my Vader waar Hy in my leef en ek in Hom! Dan leef ek elke dag onder Sy beheer; in gehoorsaamheid aan Sy wil vir my lewe! Jesus sê in Matteus 7: 21“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader....” Dit gaan dus oor meer as ‘n gewoonte om kerk toe te gaan, dit vra ‘n lewende verhouding! Ek bid jou graag Filippense 1:9-11 toe; mag jy “op die dag wanneer Christus kom, ......geheel en al in die regte verhouding met God wees......” Sodat jy nie ook jou plek in die hemel sal mis nie! REDAKSIE: REDAKTEUR: Marlon Abrahams Tel: 018 464 7349 | [email protected] ONTWERP EN UITLEG: Pieter Swanepoel | [email protected] 2 Herontdek dÍt wat saakmaak