GROND tot MOND Winter 2022 Uitgawe 13 | Page 25

VELDAPTEEK | ACAP ALOES
KLIPPE UIT DIE PAD ROL
“ Sodra jy die toestemming het , begin jy met die ontbossing , gevolg deur die uithaal van die meeste klippe . Jy ploeg en haal uit en ploeg en haal uit totdat jy mooi diep grond sonder te veel klippe het .”
Jy kan enige boer egter vra en dié sal bevestig dat groot klippe wat uitgehaal word , kleintjies agterlaat en dat daardie piepjongens binne ʼn oogwink volwasse rotse word .
Nietemin , met die grond gereed en die kompostering afgehandel , word die plantjies in perfekte eenmiddelpuntige sirkels van 38 hektaar groot geplant . Hoe is dit moontlik ? Met reuse-passers ?
“ Dis eintlik baie eenvoudig . Ons skakel die 38 hektaar spilpunt aan en plant daar waar die nat strepe loop .” Touché . Aalwynplante se lewensverwagting is ongeveer agt jaar . Daarna word hulle te swaar en val hulle om . Nuwe plante neem daarna weer twee jaar voordat hulle in produksie kom .
Met ʼn keuse van om en by 500 soorte aalwyn , verbou Quintin aloe barbadensis wat uit Curaçao afkomstig is . Terloops , aloe is ’ n Griekse en Latynse woord waarvan die betekenis hermeties versteek bly en vera is Latyns vir waarheid .
Elke ses maande word drie blare per plant geoes
HEEL LINKS : Selfs die geparste blare het waarde en word uiteindelik gedroog en in veevoer omskep . HIERDIE FOTO : Quintin Knipping is sy pa , Toine , se mede-direkteur en hou sy ouerlike hand oor hierdie nederige plante met hul bykans toweragtige gesondheidseienskappe .
ALOE VERA : GESONDHEID EN GENESING UIT DIE NATUUR - DR PIET VILjOEN
Dr Piet Viljoen verduidelik die geskiedenis van die aalwynplant , en lei jou deur die proses van aanplanting al die pad tot by die eindprodukte . Hy verduidelik die buitengewone samespel van meer as 75 bio-aktiewe bestanddele wat hierdie plant sy krag gee . Met insiggewende foto ’ s is hierdie boek gedetailleerd genoeg om jou te help as jy self die plant wil aanplant of as jy aloe vera-produkte aankoop . Die boek bevat ook praktiese wenke en ‘ n paar resepte wat jy tuis kan probeer . Dr Piet Viljoen verstaan dat die natuur die mens voorsien van dit wat nodig is vir gesondheid en genesing . Dit is egter ons taak om daardie gawes te neem en hulle op die beste moontlike manier te gebruik . Hierdie boek stel jou in staat om te verstaan hoekom die aalwyn ‘ n geskenk van die natuur is en hoe om dit te waardeer .
Beskikbaar by Amazon
WINTER 2022 GROND TOT MOND 25