Die ingang na Capespan se uitvoerdruiweplaas Oorkant is reeds
indrukwekkend, maar dit word bykans oorweldig deur die werkers-
behuising naby die pad. Simmetries uitgelê, laat dié wonings jou dink
aan ʼn voorstedelike veiligheidskompleks. Egter sonder elektriese
heinings en diefwering en armed response soos wat die herverdelers van
welvaart deesdae op inwoners afdwing.