GROND tot MOND SOMER UITGAWE 2019 | Page 5

Die wêreld se mees gesogte kultivars kom van TopFruit International Leaders in Cultivar Management www.topfruit.co.za TopFruit is in 1983 gestig deur drie kwekerymanne, dr. Jim Button, Richard Hill en Roy Jeffery. Sedertdien stel TopFruit nuwe vrugtevariëteite van kwekers van oor die hele wêreld bekend aan Suider-Afrika. Ons fokus is om die potensiaal van hierdie variëteite te ontdek en te ontsluit vir Suider-Afrikaanse produsente. Dit word bereik deur middel van variëteitsontwikkeling, ‘n sterk program van intellektuele eiendomsbestuur, handelsmerk- ontwikkeling en innoverende bemarkingsinisiatiewe. Bloubessies TopFruit se reeks nuwegenerasie-bessievariëteite sluit in ‘n lae-kouebehoefte Southern Highbush-reeks van variëteite uit die teelprogram van die Universiteit van Georgia, VSA. Hierdie variëteite is bekend daarvoor dat hulle vroeg ryp word en oor ’n uitstekende eetgehalte en goeie produksie beskik. TopFruit het ook die regte op die medium-kouebehoefte-reeks van Rabbit Eye-variëteite uit ‘n Nieu-Seelandse teelprogram. Hierdie bloubessie-tipes blom laat en word laat in die seisoen ryp, wat dit ideaal maak vir koue streke waar die risiko van ryp vrygespring kan word. Nuut vrygestelde framboos- en swartbessievariëteite sal binnekort beskikbaar wees. Kontak TopFruit Pieter Zietsman, 082 341 4909 [email protected] Kantoor: Tel. 021 874 1033 / Faks 021 874 2110 Posbus 73, Simondium, 7670, Suid-Afrika Bloubessies