GROND tot MOND SOMER UITGAWE 2019 | Page 23

SIT JOU SOMER-ENERGIE AAN: VERMAAK IN VARS VOLKLEUR EN. MET PROPVOL NATUURLIKE SMAAK. SOMER-IN-VOLKLEUR VRUGTEMOES GESKEP MET DIE INSETTE VAN MELANIE RODGERS, CHEF BY SWEET AND SAVOURY SYMPHONY EN DIE PEACH PIP FARMSTALL. Nooi Moeder Natuur ’n bietjie nader dié Somer, met ’n kleurspel van vars vrugte, en room, omskep in ’n verruklike nagereg. Ons Volkleur VrugteMoes is ’n fees vir die sintuie én propvol natuurlike voedingswaarde, om jou immuniteit ’veelvoudige’ skop te gee. BESTANDDELE 6 perskes (of 12 appelkose) 5 pere & ’n 1/2 koppie vars mintblare 400g bloubessies (of 12 pruime) 30 aarbeie (± 350g) Suurlemoensap 145 ml x 4 vars room (of dubbelroom joghurt) 4 x pakkies jellie (deursigtig, of in ’n geskikte kleur om elke vrug te pas > byv. lemoen, appel, druiwe, aarbei) Gebruik deursigtige gelatien vir ’n suikervrye weergawe. Versiering: 80ml room, vrugte, heuning en kaneel. AANWYSINGS Versap elk van die vrugte om ’n dik puree te vorm. Sprinkel met suurlemoensap. Plaas in 4 glashouers in die koelkas. Hou ’n bietjie vrugte terug vir garnering. > Maak die eerste pakkie (oranje) jellie met 145ml kookwater aan, klits, laat afkoel en meng dan met die perskepuree. Plaas die mengsel in die yskas en verkoel totdat dik, maar nie heeltemal gestol nie. > Verdeel die room en klits 145ml totdat dit vorm begin behou, en vou dan versigtig by die perske-en- jellie-mengsel, meng deeglik en verkoel. > Herhaal die proses met elk van die 3 ander vrugte. Gooi laag vir laag oor in ’n gepaste skottel en laat stol. > Rond af met vrugte, room, heuning, ’n sprinkel kaneel - en jou eie unieke ontwerp. TIPS Die resep is ideaal om kinders ’n kans in die kombuis te gee en aan die fasinerende wêreld van vrugte - en gesonde voeding - bekend te stel. Om in prettige en gesonde yslollies te omskep, gebruik dubbelroom joghurt, giet in bio-vriendelike papierkoppies en stol in die vrieskas . Die vars bestanddele in hierdie resep, en vele meer, word met trots in die Wes-Kaap verbou - deur produsente wat jou gesondheid op die hart dra.