DIVERSIFIKASIE | KLIPFONTEIN
berook die lande om die grond te steriliseer. Kunsmis word wel toegedien, afhangend van omstandighede.
VOERPILAANLEG PRODUSEER TOT 400T
Maar daar is nie net aartappels op Klipfontein nie. Erick het’ n voerpilaanleg op die plaas begin en kan tot 400 t per maand produseer.“ Ons gebruik ons eie koring, gars en hawer en voeg hoëproteïenkragvoer by om die voedingswaarde te verhoog.”“ Ons lewer ook’ n verwerkingsdiens waardeur produsente hul eie roumateriaal verskaf tesame met hul eie mengvereistes vir die pille. Ons verwerk en meng die Klipkoelvoerpille volgens hul voorskrifte en insette van voerontleders. Dit word onder meer gebruik om ramme mee groot te maak. Dit is al by verskeie koöperasies gelys en ons verkoop ook uit die hand.” Buiten die koring en hawer saai hulle ook kanola, gars en lupiene vir weiding en voer vir die diere. Vleismerino’ s, met ongeveer 400 ooie, en’ n trop Bonsmara’ s is die
lewende hawe wat ook op Klipfontein loop.“ Ons werk nog aan die beeskudde, wat net kommersieel aangewend word, en mense sê mos die eerste 10 beeste is die beste 200 wat jy kan kry. Die skape kom al lank aan, maar die beeste is hoofsaaklik danksy ons seuntjie Tinus, twee en’ n half, wat dol is op hulle,” meen Erick.
BREDASDORP STALL: C22 9-12 SEPT
2026
FUELING FARM FARMS THE RIGHT WAY SINCE 1999 SINGLE PHASE PELLET PLANT
3KW HAMMER MILL 3KW CONCENTRATE MIXER 4KW PELLET MACHINE
023 342 6070 www. rumax. co. za
1 Samuel Walters Street Worcester, 6850
SOLAR COMPATIBLE SINGLE PHASE BUDGET FRIENDLY
MANUFACTURER OF HAMMERMILLS, FEED MIXERS, PELLET PLANTS, MUCK SPREADERS, CONCENTRATE MIXERS & AUGERS
SEPT 2026 GROND TOT MOND 0