NUUS | BROKKIES
Hendri Punt en Jess Kessel van Dewetsdorp het met hul SAVM-skape tweede geëindig, gevolg deur Janri Brits van Winburg met Merino’ s. Van Rooyen en Punt en Kessel het albei outomaties vir Span Suid-Afrika gekwalifiseer.
“ Lamb Champs begin met’ n baie eenvoudige vraag: Watter boer produseer die lekkerste lam?” sê Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai en stigter van Lamb Champs.
“ Die fokus val uiteindelik op die gehalte en smaak van die vleis op die bord.”
Volgens hom bied die kompetisie familieboere’ n platform om hul produkte direk aan verbruikers bekend te stel. Anders as by tradisionele veeskoue val die fokus uiteindelik op die gehalte en smaak van die vleis op die bord. Dit bied produsente ook die geleentheid om hul handelsmerke te bou en nuwe markte te bereik.
SPAN SUID-AFRIKA NEEM VORM AAN
Span Suid-Afrika bestaan tans uit Hennie Jonker, die 2025 Lamb Champs-kampioen, Gerhard en Jani Lourens, Daan en Tharin Malan, Paul van Rooyen, en Hendri Punt en Jess Kessel.
Die finale span van tien sal ook die toptwee produsente van Lamb Champs Boland en drie kapteinskeuses insluit. Gawie van Heerden is as kaptein aangewys.
Span Suid-Afrika pak Namibië op 31 Oktober tydens die eerste Lamb Champs Invitational in Pretoria.
Meer inligting: Besoek www. lambchamps. co. za vir besonderhede oor komende Lamb Champs-geleenthede en kaartjies.
48 GROND TOT MOND SEPT 2026