NUUS | BROKKIES
SABI vier 50 jaar met’ n oog op die volgende era van besproeiing
Van kunsmatige intelligensie en sonkrag tot grondgesondheid, geopolitiek en veranderende waterwetgewing. SABI se 2026-kongres het gewys dat die volgende era van besproeiing oor veel meer as die doeltreffende toediening van water gaan.

Vyftig jaar gelede was die wêreld van besproeiing’ n heel ander plek. Ontwerpe is met tabelle, grafieke en nomogramme gedoen en tegnologie wat vandag outomaties grondvog meet, pompe beheer en data ontleed, sou soos wetenskapsfiksie geklink het.
50 JAAR
SABI is in 1976 gestig en vier vanjaar’ n halfeeu van besproeiingskennis, opleiding en innovasie.
Tog het een ding nie verander nie: water bly die spil waarom groot dele van Suid-Afrika se landbou draai.
Die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut( SABI) het sy 50ste bestaansjaar in Augustus gevier met’ n kongres wat nie net teruggekyk het nie, maar veral gevra het wat oor die volgende 50 jaar van die bedryf verwag gaan word.
18 GROND TOT MOND SEPT 2026