Algar Hybrid Crate – kleinveehanteringskrat
HANDIG & NUTTIG
Die Algar Hybrid Crate kombineer verskeie kleinveehanteringstake in een praktiese eenheid. Skape en bokke kan geweeg, geskandeer, vasgeklem en in drie rigtings gesorteer word, wat die behoefte aan afsonderlike toerusting verminder. Die kompakte stelsel help om dierehantering vinniger en makliker te maak en is geskik vir verskeie bestuurs- en seleksietake.
Prys: Op aanvraag – algar @ algar. co. za
OSAM S500 PRO – outonome boord- en wingerdspuit
Die OSAM S500 PRO is’ n volledig outomatiese spuit wat vir boorde en wingerde ontwikkel is. Die masjien gebruik RTK- GPS, LiDAR en ander sensors om selfstandig te navigeer en kan dag of nag werk. Die stelsel pas spuittoediening volgens die werksomstandighede aan en bied produsente’ n tegnologies gevorderde oplossing vir meer presiese en doeltreffende gewasbeskerming.
Prys: Op aanvraag – orchards. co. za
SEPT 2026 GROND TOT MOND 15