Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 70

HERLEWINGSLANDBOU

By Springfield Farms word jaarliks sowat 2 000 t avokado’ s verpak, met’ n gemiddelde uitpakpersentasie van 85 % wat aan uitvoergehalte voldoen.

Praktiese riglyne vir produsente:

1. Begin met’ n basislyn: meet eers jou water- en grond-toestand. Jy kan nie verbeter wat jy nie verstaan nie. 2. Sien afval as hulpbron: of dit nou snoeisels, mis of afvalwater is – elke deel kan’ n nuwe doel hê. 3. Hou die grond bedek. Dekgewasse beskerm teen erosie en hou vog in die grond. 4. Gee net soveel water as wat nodig is. Grondvogmonitering bespaar water én energie. 5. Belê geleidelik in hernubare energie. Selfs klein sonpompe of biogasinstallasies kan groot verskil maak. 6. Deel kennis. Samewerking tussen produsente versterk die hele sektor.