Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | 页面 27

BROKKIES | NUUS

Lamb Champs 2025 maak geskiedenis – van Boland-rekord tot nasionale kampioen

Suid-Afrika se liefde vir lam het hierdie jaar nuwe hoogtes bereik. Die Lamb Champs 2025-seisoen het nie net’ n wêreldrekordprys vir’ n lamkarkas opgelewer nie, maar ook’ n nuwe nasionale kampioen tydens die gala-aand by NAMPO Alfa in Bothaville.

By Hoër Landbouskool Boland in Paarl het die plaas Philippolis se Pieter Cilliers geskiedenis gemaak toe sy Dorper-kruislam vir R72 000 opgeveil is aan Kalahari Cuts –’ n nuwe wêreldrekord vir’ n lamkarkas. Louis Botha van Cradock het met sy Meatmaster die Boland-wennerstitel ingepalm en R40 000 gewen. Tweede en derde plek is toegeken aan Nollie Stofberg( R20 000) en Loffie en Michael Smuts( R10 000).

Bo: Pierre Cilliers saam met die veiling wenner Arina Knipe van die Kalahari Groep.

OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 27