NUUS | BROKKIES
ondersteun . Hierdie word gewoonlik saam met ons Kynoch-produkte deur die besproeiingswater versprei om egalige toediening na al die plante te verseker . Ons kan ook later in die seisoen ’ n verskeidenheid produkte op die blare spuit om die plante verder te ondersteun . Ons het ook ondersteuningsmiddels wat veral help dat ons voedingsmiddels beter deur die kersieplante opgeneem word . Hierdie produkte dra by tot verbeterde vrugvorming en drag ,” sê Godfrey .
“ Een van die produsente wat ons met hierdie produkte ondersteun , het vanjaar ’ n 98 % -uitpak gehad – en dit op plante wat maar slegs drie jaar oud is ,” vertel Godfrey .
Hy beklemtoon dat Kynoch nie bloot bemestingstowwe by produsente aflewer nie , maar dat hulle die produsente deurgaans bystaan en probleme gesamentlik aanspreek . Indien daar tekorte in die grond of by die plante geïdentifiseer word , is daar verskeie ander produkte in die Kynoch reeks wat vir spesifieke grond- en plantgesteldheid aangewend kan word .
50 GROND TOT MOND OKT | NOV 2024