Grond tot Mond Okt Nov 2024 - Uitgawe 24 | страница 97

BROKKIES | NUUS

“ Ons kyk na die totale prentjie van ’ n produsent en verseker so dat hulle die regte reeks Kynoch-produkte kry om hul kersiebedryf te ondersteun . Ons lewer nie net bemestingstowwe by hulle af nie , maar maak seker dat die water se pH-balans reg is , kyk na die grondgesondheid , die boom- of struikgesondheid en ook selfs na die topografie van die gebied waar die kersies geplant is .

“ Kersies het heelwat koue-eenhede nodig om goeie set te verseker en om nuwe lote te laat groei sodra hulle uit dormansie kom . Nodige regstellings vir die grond is belangrik om in ag te neem en te implementeer indien nodig , soos byvoorbeeld gipsregstellings , asook die toevoeging van ander kalsiumbymiddels voordat dormansie gebreek word . Spesialisprodukte word vroeg in die seisoen toegedien om vroeë wortelontwikkeling en groei te

OKT | NOV 2024 GROND TOT MOND 49