NUUS | BROKKIES
Kersieprodusent behaal 98 % uitpak !
Danksy die kundigheid en professionele ondersteuning deur Kynoch se raadgewers , het kersieboere in die noordelike streek van Suid-Afrika vanjaar ’ n besonder goeie kersie-oes gehad . Die maatskappy bied kersieprodusente ’ n omvattende en volledige bemestingsprogram , terwyl persoonlike kontak met die produsente verseker dat die regte toedienings geskied .
Kersies is nie inheems aan suidelike Afrika nie en kom oorspronklik uit Asië . Verbouingsgebiede in Suid-Afrika is hoofsaaklik in die Wes-Kaap , die oostelike deel van die Vrystaat en Mpumalanga . Produksie deur kommersiële produsente en kleinboere is nog taamlik beperk en slegs ongeveer 3 000 ton word jaarliks landwyd geproduseer .
Godfrey Hartman , landboukundige by Kynoch in die noordelike streek , sê hulle volg ’ n holistiese benadering wanneer dit by hul produk- en adviesdienste vir kersieboere kom .
48 GROND TOT MOND OKT | NOV 2024