Bo : Joubert Roux , medestigter en direkteur van ZCC ( regs ) saam met LUR , Thabo Meeko . ZCC het ’ n ooreenkoms onderteken met die Vrystaatse regering om ’ n netwerk van sonkrag-aangedrewe EV-laaistasies te vestig . Teen September 2025 sal 15 stasies vir passasiersvoertuie en sewe vir EV ’ s opgerig word . Grondeienaars verdien 5 % van die inkomste , terwyl 1 % herbelê word in plaaslike gemeenskapsprojekte .
BROKKIES | NUUS
Wie is Zero Carbon Charge ?
Die wêreldwye motorbedryf beweeg vinnig na elektriese voertuie en is besig om binnebrandenjins geleidelik uit te faseer . Omdat Suid-Afrika ‘ n groot deel van sy motors invoer , sal die plaaslike mark noodwendig saam na EV ’ s oorskakel .
Zero Carbon Charge is ‘ n Suid-Afrikaanse maatskappy wat voorop staan in die ontwikkeling van EV-infrastruktuur deur die oprigting van die land se eerste nasionale netwerk van laaistasies . Hierdie laaistasies gebruik slegs hernubare energie en het die doel om ‘ n volhoubare toekoms vir vervoer in Suid-Afrika te skep .
Zero Carbon Charge ( ZCC ) maak gebruik van sonkrag en batterye om die stasies aan te dryf , wat help om die druk op die nasionale kragnetwerk te verminder . Met hul vinnige laaitegnologie kan ‘ n EV binne minder as 30 minute van 10 % tot 80 % gelaai word – vinnig en gerieflik . ‘ n Unieke aspek van die ZCC-projek is dat boere betrek word . Deur stukke grond langs hoofpaaie te verhuur vir die oprigting van EV-laaistasies , kan boere hul inkomste verhoog sonder om hul boerdery te onderbreek . Dit help hulle om by te dra tot die nasionale doelwit om teen 2050 koolstofneutraal te wees .
Bo : Joubert Roux , medestigter en direkteur van ZCC ( regs ) saam met LUR , Thabo Meeko . ZCC het ’ n ooreenkoms onderteken met die Vrystaatse regering om ’ n netwerk van sonkrag-aangedrewe EV-laaistasies te vestig . Teen September 2025 sal 15 stasies vir passasiersvoertuie en sewe vir EV ’ s opgerig word . Grondeienaars verdien 5 % van die inkomste , terwyl 1 % herbelê word in plaaslike gemeenskapsprojekte .
OKT | NOV 2024 GROND TOT MOND 41