Grond tot Mond Okt Nov 2024 - Uitgawe 24 | Page 76

BROKKIES | NUUS

Wanneer jy Dassiesfontein se plaasstalletjie nader , tref die groot aantal sonpanele op die dak jou dadelik . Volgens Sassie voorsien sonkrag 80 % van die plaasstalletjie se elektrisiteitsbehoeftes . Daarom is dit geen verrassing dat Sassie dadelik ingeteken het toe Zero Carbon Charge gevra het om ’ n EV-laaistasie by Dassiesfontein te installeer nie . Sy stasie sal die eerste wees van Zero Carbon Charge se uitrol van laaistasies op al die groot roetes in Suid-Afrika .

Sassie het dit as ’ n maklike besluit beskou . “ Ek het dadelik die voordele gesien ; ek het geen oortuiging nodig gehad nie . Dit is ’ n belowende idee , dit is die toekoms en dit is die regte ding om te doen .”

Sassie is onder geen illusie dat dit ’ n vinnige oplossing of kortstondige neiging is nie , en hy is bereid om te wag totdat hierdie belegging vrugte afwerp . “ Ons was in ’ n

OKT | NOV 2024 GROND TOT MOND 39