Grond tot Mond Okt Nov 2024 - Uitgawe 24 | Seite 74

NUUS | BROKKIES

Varsgebakte brood en plaasbotter , terwyl jou EV laai

Sassie en Alda Fick , stigters van Dassiesfontein , is lusern- en Dohne Merino-boere . Wat as ‘ n klein plaasstalletjie op ‘ n sleepwa begin het , het met tyd uitgebrei . Na verskeie uitdagings , insluitend ‘ n rooftog en winde wat die waentjies omgewaai het , het hulle in 1995 besluit om ’ n permanente struktuur te bou .

Dassiesfontein se spesialiteit is Boerekos : lekker ouwêreldse vleis , groente , en aartappels , natuurlik bedien met daardie varsgebakte boerebrood . Saam met tien ander boere in die streek skep Sassie ’ n bewaringsgebied . Dit behels die opruiming van indringerplante om die fynbos , veral bedreigde spesies , te laat floreer . Planne sluit ook die ontwikkeling van stap- en bergfietsroetes in om meer van die pragtige Caledon-omgewing vir toeriste en natuurliefhebbers oop te stel .

38 GROND TOT MOND OKT | NOV 2024