Grond tot Mond Okt Nov 2024 - Uitgawe 24 | страница 68

NUUS | BROKKIES

Bekendstelling van Organiese Wyn Suid-Afrika

Die lede van Organiese Wyn Suid-Afrika is baie opgewonde om aan te kondig dat hulle nou ‘ n amptelike Vereniging het . Op 4 September 2024 is die Vereniging gestig , en dit sluit die belangrikste , gevestigde gesertifiseerde organiese wynplase in Suid-Afrika in . Die Vereniging se doel is om volhoubare boerderypraktyke en wynproduksie sonder chemiese middels te bevorder . Hulle wil volhoubare produksie in die bedryf aanmoedig deur inligting en ervaring met mekaar te deel , en ook saam te werk aan gesamentlike bemarking , hier in Suid-Afrika en oorsee .

Terwyl daar tans 11 stigterslede is ( sien die lys aan die einde van hierdie artikel ), beoog hulle om lidmaatskap uit te brei na enige Suid-Afrikaanse produsent van gesertifiseerde organiese wyne , insluitend dié wat tans in die proses van omskakeling is of organiese regeneratiewe sertifikasie het . Hulle het EU-vereistes aanvaar om te verseker dat die hoogste vlak van voldoening gehandhaaf word vir lidmaatskap .

OKT | NOV 2024 GROND TOT MOND 35