Grond tot Mond Okt Nov 2024 - Uitgawe 24 | Page 66

NUUS | BROKKIES

teen vuur en beter termiese eienskappe , wat help om huise warm in die winter en koel in die somer te hou .

Daarbenewens het nonCrete ‘ n boog vormende vloeren dakstelsel ontwikkel in samewerking met die WNNR en professor Philippe Block , hoof van die Instituut vir Tegnologie in Argitektuur by ETH Zürich . Hierdie stelsel verminder die hoeveelheid staal en beton wat benodig word met 75 % laer koolstofvrystellings as ‘ n konvensionele beton strukture .

75 % Die persentasie waarmee nonCrete se koolstofvrystellings laer is in vergelyking met konvensionele betonkonstruksie . Dit word bewerkstellig deur die gebruik van uitheemse indringerplante se biomassa , wat die afhanklikheid van tradisionele koolstofintensiewe materiale soos sement en staal drasties verminder .

Sodra die kleuterskool voltooi is , sal die Elandskloofgemeenskap kan besluit of hulle hierdie metode wil gebruik om hul huise te bou . Gemeenskapslede sal opgelei word in die verwydering van uitheemse bome , baksteenmaak op die perseel en die boumetode , wat selfwerksaamheid en SMME ’ s vir die vroue en mans in Elandskloof kan skep .

Die nonCrete-proses is reeds by Agrément South Africa ingedien vir die nodige sertifisering en om te bewys dat die boumetodes alle regulasies oortref .

Hierdie innoverende projek kan ‘ n katalisator wees vir die breë toepassing van laekoolstof-boumetodes in Suid- Afrika , wat bekostigbare , waardige behuising bevorder en terselfdertyd waterbronne beskerm en werksgeleenthede skep .

34 GROND TOT MOND OKT | NOV 2024